2 vas wat glo by skool inbreek

Die skoolitems waarop die verdagtes toegeslaan het. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo Donderdag in die vroeë oggendure by ’n skool naby Mahikeng in Noordwes ingebreek en verskeie skoolitems waaronder skootrekenaars, tablette en ’n projektor gesteel het.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het in ’n verklaring gesê die verdagtes het die heining van die Mmoledi Secondary School in die Phitsane-nedersetting oopgebreek waarna hulle by die skool se laboratorium en personeelkamer ingebreek het.

Die verdagtes het in die personeelkamer ’n slypmasjien gebruik om toegang tot die skool se brandkluis te verkry.

Volgens Malindi het die skool se sekerheidswagte die skoolhoof in kennis gestel van die rooftog waarna hy die polisie na die skool ontbied het.

Die verdagtes is in die besit van 16 skootrekenaars, 150 tablette, een projektor, twee netbalstelle, drie sokkerstelle, twee vlugbalstelle en beskadigde kantoordeure betrap en in hegtenis geneem.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het intussen die inhegtenisneming verwelkom.

“Dit is teleurstellend dat volwassenes meewerk om die toekoms van ons leerders te vernietig. Ek hoop dat geregtigheid ten volle sal geskied en dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is ’n swaar gevangenisstraf opgelê sal word,” het die LUR gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacobus ·

Mooi Engelse woord. “Self destruct,” Afrikaans, Selfdood van opvoeding.
Ongelukkig niks met Apartheid en Jan v Riebeeck te doen.

Cornelius ·

En dit gaan net al hoe erger word. Die land is vinnig op pad na sy einde toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.