2 vas wat glo veiligheidswagte doodskiet

Die toneel waar die veiligheiswagte doodgeskiet is.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee veiligheidswagte verlede week in Hillbrow.

Die verdagtes is Saterdag in onderskeidelik Hillbrow en Berea in hegtenis geneem, het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Daar word intussen na nog drie verdagtes gesoek in verband met die dubbelmoord.

Die twee veiligheidswagte, onderskeidelik 45 en 50 jaar oud, het Maandagaand op die hoek van Caroline- en Claimstraat in Hillbrow in hul patrollievoertuig gesit toe vyf mense hulle oorval en op hulle begin skiet het.

Die twee Chubb-veiligheidswagte is in die bors getref en op die toneel dood verklaar.

Die vuurwapen wat gedurende die moorde gesteel is, is intussen deur die polisie teruggevind tydens die inhegtenisneming van die eerste verdagte. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof op aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Laksman ·

Moord is mos nie n ernstige misdaad in S.A. nie! Jy moet net nie n rassis wees nie, dit is mos erger as moord! Misdaad is mos apartheid se skuld! Die doodstraf sal die misdadigers nie eens afskrik nie.

Wurmpie ·

En nou is dit uitgerekte hofsake. Die 2 sit lekker en eet op belasting betaler se onkoste en 2 ander mense is dood en hul families sit in rou

Moedeloos ·

Hoekom word plaasaanvallers nie so vinnig vasgetrek nie?

Christo ·

Net vas. Gou weer los. Moes die galg gekry het sodat ander ook kan ophou met misdaad. Dis hoekom hele regeering uit krimenele bestaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.