2 verdrink by Isipingo

Toneel by Isipingo in KwaZulu-Natal (12 Februarie 2019) (Foto; Rescue Care)

Twee mans het verdrink en ʼn derde is in ʼn ernstige toestand ná hulle Dinsdagmiddag by Isipingo-strand in KwaZulu-Natal in die moeilikheid beland het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 14:30 na die toneel ontbied. “Lewensredders het reeds gepoog om die twee mans by te bring, maar alle pogings was tevergeefs. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Derde man is op die toneel behandel en met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Durban geneem vir verdere behandeling, het Jamieson bygevoeg.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het naby die Tiger Rocks-swembad plaasgevind. “Volgens berigte op die toneel is die drie mans in die see meegesleur. Hulle is al drie na die kus gebring,” het hy gesê.

Die polisie stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alida ·

As jy nie kan swem nie maak jy net jou voete nat in die see.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.