2 vroue doodgery toe hulle band ruil

Een van die voeruie wat in die botsing betrokke was (Foto: Verskaf)

Twee vroue is dood toe ʼn motor Sondagaand op die N2-Noord ʼn entjie van die Tongaat-tolhek in KwaZulu-Natal in hul stilstaande motor vasgejaag het.

Een van die vroue het ʼn been in die ongeluk verloor.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die twee vroue het van Tongaat in die rigting van Ballito gereis toe hul voertuig glo ’n pap band gekry en hulle langs die pad stilgehou het.

Die vroue het glo uitgeklim en die band begin ruil toe ʼn motor teen hul stilstaande motor gebots het. Volgens Herbst het paramedici by hul aankoms op die toneel albei vroue ’n entjie van die voertuig aangetref.

Die vroue is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois ·

Hoe laat het dit gebeur. Dit gaan my verstand te bowe hoe so iets kan gebeur tensy die ander bestuurder dronk was

marius ·

Die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd klink so onregverdig .

Scalla ·

Hartseer verhaal, was daar nood driehoeke uitgesit ens, so onnodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.