2 vroue, hond sterf in gru-ongeluk

Die perde is ná die ongeluk teruggeneem na die stalle. (Foto: ALS Paramedics)

Twee vroue is dood toe hul motor Woensdagmiddag reg van voor teen ’n vragmotor wat perde vervoer in KwaZulu-Natal gebots het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici het kort voor 17:00 by hul aankoms op die toneel in Kassierweg in Shongweni ’n absolute “bloedblad” aangetref.

Jamieson sê twee insittendes van die motor, albei vroue wat vermoedelik in hul 30’s is, het noodlottige beserings in die botsing opgedoen. “Daar was niks meer wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die wrak van die vragmotor. (Foto: ALS Paramedics)

ʼn Hond wat saam met hulle in die voertuig was, is op die toneel dood aangetref.

Die bestuurder van die vragmotor het matige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer. Die perde het niks oorgekom nie en is teruggeneem na die stalle.

Die omstandighede rakende die botsing is nie in dié stadium bekend nie. Die polisie was gister op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stofdonkie ·

“Reg van voor” dus moes een van die twee in die verkeerde baan gewees het?

Pieter ·

Kyk maar net wie op sy / haar selfoon was, dis gewoonlik grootste oorsaak van ongelukke deesdae.

Tipper ·

hoeveel van hierdie vragmotor bestuurders maak nie dalk n skelm doppie op die lang pad nie, onthou niemand toets hulle asem nie.

Elinette ·

“Drink” bestuur is maar ‘n klein probleempie by sommige langafstand bestuurders. Wat ‘n groter probleem is, is DWELM gebruik en moegheid, omdat hulle gedwing word om etlike ure op die pad aaneen te wees.

Peetjie ·

Ek het al gesien hoe onverskillig en uitdagend sommige van die groot trok bestuurders ry, dis asof hulle “chicken” speel…. Dis nie noodwendig n foon wat betrokke was nie…

JM ·

Ontstellend hoeveel vragmotors deesdae in botsings reg van voor betrokke is!

Anoniem ·

Genade, so dankbaar die perde het niks oorgekom nie. Hartseer oor die honde kind wat sy lewe moes verloor.

Surfer ·

Ry elke dag die pad na PE toe en jy kan nie glo hoeveel trok bestuurders le op hul arms op hul stuurwiel met hul selfone nie. Kyk net bietjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.