2 vroue in Pta-Oos vas oor steroïede

Foto: Verskaf

Twee vroue is Woensdag by onderskeidelik twee luukse landgoedere in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem in verband met die ontdekking van steroïede ter waarde van miljoene rande.

Ondersoekbeamptes van die Mpumalanga-eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad het in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe klopjagte op drie persele in Pretoria-Oos uitgevoer.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is die beamptes eers na ʼn huis in die Silver Lakes-landgoed waar hulle op steroïede afgekom het wat glo daar op die toneel vervaardig is. ʼn 38-jarige vrou is in hegtenis geneem.

Foto: Verskaf

Die tweede klopjag was by ʼn pakhuis in Equestria waar steroïede in verskillende stadiums van verpakking gevind is.

Die beamptes is hierna na ʼn huis in die Willow Acres-landgoed waar nog steroïede gevind en ʼn 35-jarige vrou in hegtenis geneem is.

“Daar is op steroïede, etikette en ander verpakkingsmateriaal ter waarde van R3 miljoen beslag gelê hangende verdere ondersoek.”

Die twee vroue sal na verwagting Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kattebol ·

Pleks dat die polisie soveel energie insit in die bekamping van plaasmoorde. Mense wat steroïede gebruik, kies dit. Plaasmoord-slagoffers het nie ‘n keuse nie.

koos10 ·

Kattebol, ek sien wat jy bedoel, neem egter net in ag dat ‘n misdaad, ‘n misdaad bly. Hierdie is gewoonlik net ‘n deel van die misdaad, waar gewoonlik groter dinge ‘n rol speel. Bendes en sindikate gebruik die geld wat hulle met die verkope genereer om ander misdade te pleeg soos om onwettig wapens te koop. Moord is ook baie keer deel daarvan. Dink net bietjie aan die bende bedrywighede in die Wes Kaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.