2 wagte in motor doodgeskiet

Argieffoto

Twee veiligheidswagte van die sekuriteitsfirma Chubb is Maandagaand in Hillbrow, Johannesburg, doodgeskiet.

Die wagte, onderskeidelik 45 en 50 jaar oud, het omstreeks 20:30 in hul voertuig op die hoek van Caroline- en Claimstraat gesit toe hulle deur vyf gewapende verdagtes oorval is.

Volgens kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, is albei wagte tydens die voorval in die bolyf geskiet waarna die verdagtes met een van die wagte se vuurwapen op die vlug geslaan het.

Nooddienste is na die toneel ontbied en die twee wagte is op die toneel dood verklaar.

Volgens Masondo is die motief vir die voorval nog onbekend.

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Masondo doen ’n beroep op enige persoon met inligting rakende die voorval om by die naaste polisiekantoor aan te meld of die misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos ·

Die motief is mos duidelik. Hulle is vermoor vir hulle vuurwapens. Dat die moordenaars nog meer kan moor. Abba, Vader, help asb ons land. Ons gaan onder sonder U.

Christien vd Westhuizen ·

Vir jare was SA deur n krimeneel regeer nou dra die mense van SA die gevolge raak korrupsie en moord enigsins die leiers van die land dit lyk nie so God help ons asb

Vra ek ·

Hulle dra dan altyd koeelvaste baadjies of was die kaliber te groot daarvoor. Nee wat dis nou “free for all”

Cherokee ·

Word ‘n realis. In die bolyf geskiet beteken nie die nek en kop is getref nie.

**anoniem** ·

@realis en @Cherokee…al ooit gedink hulle is gedwing om die koeëlvaste baadjies uit te trek. #justsaying

BlinkStephaans ·

Ek dink ñ blinde kan met sy stok voel wat die motief is kèrels… rerig? ñ Ekstra vuurwapen vir die volgende roof, kaping, moord… sal ek aangaan of is dit bietjie ñ moeilike gedagte vir jul denke?

Oujongvrou ·

As ek nog een keer moet lees die motief is onbekend, gaan ek dit verloor.???

Len ·

Ek kyk nou die dag n fliek Purge en so hartseer soos wat dit vir my is om te sê, is dit presies wat hier in SA gebeur. Amal moor net soos hulle wil met geen nagevolge nie!!!

Keelvol ·

Kapt. Mavela Masondo moet terug gaan polisie skool toe as hy glo die motief is onbekend. Dis een ding om te lieg, maar dis iets anders om te dink die mense is dom genoeg om dit te glo.
Dit het net eenvoudig te maklik geraak om ‘n lewe te neem in SA. Waar gaan dit eendag eindig?

Schalla ·

Die absolute arrogansie waarmee hierdie skurke oop en bloot na die kar stap en op die arme wagte losbrand en dan ongestoord vir lank daarna op die toneel bly spreek boekdele vir hoe min vrees hulle het dat hulle enigiets sal oorkom.

Ek het al baie gewonder wat ek sal doen as ek ‘n highjacking voor my sien afspeel en het al fantaseer oor hoe graag ek oor die skurke sal wil jaag met my kar om die onskuldige slagoffers te probeer red (beide die huidige slagoffers sowel as toekomstige slagoffers want vet weet hulle sal nie ophou tot iemand hulle stop nie!) Maar doen jy dit sal jy seker van moord of poging tot moord aangekla word! En mens kan ook nie weet hoe jy sal reageer in die hitte van die oomblik nie met adrenalien wat vloei – dalk vries mens net. Dis maklik om agter mens se keyboard braaf te wees.

Ek raak so kwaad dat boewe in hierdie land maak en breek nes hulle wil. Mens voel so magteloos as jy al hierdie goed sien gebeur.

Live by the sword, die by the sword. Die wiel draai, ek hoop maar hy draai vinnig vir die skurke in hierdie video voor hulle te veel meer onskuldige mense afmaai.

Stripes ·

Afrika mentaliteit. As daar ‘n probleem is, trek net die skouertjies op en hoop die probleem word deur ander opgelos.

Ek het jare terug van Daspoort af gekom waar ons ‘n sportbyeenkoms gehad het. Was ongeveer 11uur die aand. My venster was oop en die strate was redelik verlate gewees. By aansluitings pad vanaf regs het ‘n voertuig by die rooi robot gewag en iemand het na die kar toe gestap. Ek was net deur die robot toe ek die dame hoor gil. Ek het dadelik gestop en op die man geskree, sonder sukses. Toe ek egter my vuurwapen uithaal en dit span het hy vinnig pad gekies.

Ek is nie geweldadig nie en staan nie geweld voor nie maar die misdadigers moet maar eerder van my en my gesin af wegbly. Ek vergewe en vergeet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.