2 wat bejaarde doodsteek, van pensioengeld beroof gevonnis

Argieffoto

Twee mans is vandeesweek in die Grahamstad-hooggeregshof gevonnis vir die wreedaardige moord op ʼn bejaarde vrou van Maclear in die Oos-Kaap.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê die moord het 1 Julie 2017 plaasgevind.

Mawethu Gadesweni (29) en Sonwabile Kholisa (30) het vir Krwalanti Skiti (79) in Old Location in Maclear vermoor.

“Die twee het haar met ʼn mes gesteek – sy het talle steekwonde opgedoen. Hulle het haar van haar pensioengeld beroof en van die toneel gevlug. Sy het aan haar beserings beswyk,” het Tonjeni gesê.

Die verdagtes is 27 Augustus 2017 in hegtenis geneem.

Elk van die beskuldigdes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord en 15 jaar vir rooftog. Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Deon Scheepers ·

Hierdie vonisse wat gelyktydig uitgedien word, is ‘n klomp bollie. Veronderstel iemand word op 15 aanklagte elk 2 jaar tronstraf gevonnis en dit word gelyktydig uitgedien, loop
hy na ongeveer 8 maande(‘n derde van 2 jaar) weer vry op straat. Klomp bollie!!!!!

Susan ·

Stem saam Deon. My vraag is hoe lank is lewenslank nou weer? Soosjy tereg se as hy n jaar of minder sit is dit te lank. Kan net sowel maar ons geld spaar en se jys vry. Is mos alte lekker in Suid Afrika

Abe ·

Deon en Susan,
Gelyklopende vonnisuitdiening is nie eie aan SA nie. Dit word feitlik universieel toegepas, eerder eie aan Romeins Hollandse regstoepassing.

AH ·

Ek stem ook nie daarmee saam dat vonnise gelyklopend uitgedien word nie. Die persoon boet dan mos net vir een van die moorde/dade soos in die geval van Henri van Breda. Die vonnisse in ons land is te lig, derhalwe is dit nie ‘n afskrikmiddel nie.

Domvraag ·

Wrede moord en Maclear se inwoners het nie betoog, voertuie gebrand en geplunder nie?
As die moordenaars wit was dan sou die land aan die brand gewees het en rassisme geskreeu word. Wys hoe rassisties party mense is.

Elsa ·

As vonnisse nie gelyklopend is nie, kan dit ook weer gebeur dat iemand met verskeie ernstige aanklagte ‘n vonnis van dalk 100 jaar altesaam opgelê word en niemand gaan so lank leef om daardie vonnisse uit te dien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.