20 beseer, 3 kritiek toe taxi rol

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Ongeveer 20 mense is beseer, van wie drie kritieke beserings opgedoen het, toe ʼn minibustaxi Vrydagaand op William Nicol-rylaan in Johannesburg omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het gesê paramedici is saam met verskeie ander nooddienste na die toneel ontbied en het die taxi op sy kant langs die pad aangetref. “Verskeie mense is gevind waar hulle oor die toneel verspreid gelê het, terwyl een insittende steeds in die wrak van die voertuig vasgekeer was,” het Meiring gesê.

By nadere ondersoek het paramedici gevind dat drie mense kritieke beserings opgedoen het, terwyl nog ongeveer 17 insittendes geringe tot matige beserings gehad het.

Die kritiek beseerde pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is. Die ander pasiënte is ook op die toneel behandel en na hospitale vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Flip ·

Dis hoekom R1.63 van elke liter brandstof wat ons koop na die pad ongeluksfonds gaan, om die wat nie die reels gehoorsaam nie te betaal…..

LB S ·

Flip, ek moet egter byvoeg en saam jou stem: Die laaste paar insittendes moes van beter geweet het om in so oorlaaide taxi in te klim.

Andre ·

Ongelukvonds is R1,93 per liter. Dink so daar aan, die eise is soos ‘n tweede inkomste vir die mense, geen padreëls vir hulle nie.

Cherokee ·

Dink sò daaraan… ‘n vonds is gevind. Jy praat van ‘n fonds.

Alida ·

Wat is daar om te ondersoek?taxi vat net 14 mense en hierdie een was oorlaai.

Karinda ·

Ek kry die passasiers so jammer. Hulle werk hard by ons huise of kantore en is uitgelewer aan die maniake wat geen respek het vir ander se lewe nie. Hulle maf nie kla oor due bestuurder se ry vermoë nie en moet net hoop en bid hulle haal hul huise veilig.

lvh ·

Oorsaak ondersoek?? Oorlaaide taxi wat soos gewoonlik nie aan die reëls gehou het nie! Daars hy…ondersoek afgehandel. Hoe moeilik kan dit wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.