Ongeveer 20 mense is beseer, van wie drie kritieke beserings opgedoen het, toe ʼn minibustaxi Vrydagaand op William Nicol-rylaan in Johannesburg omgeslaan het.
Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het gesê paramedici is saam met verskeie ander nooddienste na die toneel ontbied en het die taxi op sy kant langs die pad aangetref. “Verskeie mense is gevind waar hulle oor die toneel verspreid gelê het, terwyl een insittende steeds in die wrak van die voertuig vasgekeer was,” het Meiring gesê.
By nadere ondersoek het paramedici gevind dat drie mense kritieke beserings opgedoen het, terwyl nog ongeveer 17 insittendes geringe tot matige beserings gehad het.
Die kritiek beseerde pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is. Die ander pasiënte is ook op die toneel behandel en na hospitale vervoer.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
So daar was 20″insittendes” in die taxi
Dis hoekom R1.63 van elke liter brandstof wat ons koop na die pad ongeluksfonds gaan, om die wat nie die reels gehoorsaam nie te betaal…..
spoed en onkunde om ‘n voertuig te bestuur / beheer
Ongelukvonds is R1,93 per liter. Dink so daar aan, die eise is soos ‘n tweede inkomste vir die mense, geen padreëls vir hulle nie.
En die ander 32 wat daar in was?