20 beseer toe bakkie omslaan

Foto: ER24.

Altesaam 20 mense is beseer toe die bakkie waarin hulle gereis het gerol het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER4, het gesê die voorval het net na 08:00 op Thembalaniweg in Rustenburg plaasgevind.

“Toe die paramedici by die toneel opdaag, het hulle verskeie beseerdes op die toneel aangetref. Dit blyk dat die meeste van die beseerdes agterop die bakkie gesit het ten tyde van die voorval en toe van die bakkie afgeval het toe hy omslaan,” het Vermaak gesê.

Die beseerdes is vir geringe tot gemiddelde beserings behandel en na verskillende nabygeleë hospitale vervoer vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Leahim ·

Ons neem kennis en sal van nou af versigtig wees om agterop n bakie te ry in Thembelanie weg

zoom zoom ·

Wat vereis die wet tov van die vervoer van persone agter op ‘n bakkie. Wat se tipe bakkie was dit?

Lientjie ·

Die nuwe wet se dat jy GEEN persoon agterop n bakkie of trok vervoer nie al het dit n canopy op.

Oom Walker ·

Die nuwe wet bepaal slegs dat geen kinders in die laai area van enige voertuig, insluitend bakkies en ander goedere voertuie, vervoer mag word teen betaling nie.

Matmiet ·

Nee man. Jy mag vervoer. Jy mag net nie geld vra vir agterop bakkie sit nie. N canopy sou tien teen een die arme mense se “death trap” gewees het.

CHRISTA ·

As ek reg lees, is dit ‘n bakkie en NIE ‘n vragmotor nie. HOE laai jy 20 mense agterop ‘n bakkie?!!

Piet Pompies ·

Werk gou uit, 20 persone, gemidelde gewig van 100kg, totaal 2 ton op ‘n ton bakkie. Oorsaak, oorlading, bestuurder skuldig…

Stoffel ·

Haha, ai, 100kg gemiddeld per persoon, genade, op watse plek bly jy??

Frikkie (Nie pienk) ·

Lyk na ‘n eentonner, maar teen ‘n gemiddelde gewig van net 60 kg was die bakkie steeds oorlaai. Die rede waarom die bakkie gerol het, was omdat daar heel moontlik 5 passasiers voor langs die bestuurder gesit het.

Andrea ·

Ja natuurlik is dit oorlading en onveilig. Maar jul moet onthou dat daar nogsteeds baie mense is wat nie eie vervoer het nie. Sodra daar dus n saamrygeleentheid is, klim almal op.

Hanna ·

Gister lees ons v 9 mense in n Toyota Corolla. Nou weer 20 mense in en op n enkele bakkie… Daar is met rede n limiet op die hoeveelheid gewig n sekere voertuig kan dra. Maar nou ja.

JJ ·

In ons liewe RSA praat en redeneer ons oor baaaaie wette. En dit is waar dit bly

willie ·

ha ha Stoffel dit is tyd dat jy jou oë laat toets, as ek so om my kyk is 100kg ñ konserwatiewe gewig per persoon! ek sou skat dit moet eerder 110 kg wees en indien in uniform dalk 130 kg!

Adam ·

Net so tragies as die ongeluk is die kommentaar hierbo. Wat van net ‘n greintjie mede-menslikheid?

Alwyn du Preez ·

Oom Walker is reg met die kinders teen betaling en dan is die gewig per persoon volgens die padwet 67kg. Daar is n nuwe wet op die tafel wat n beperking van maksimum van 5 persone agter op n bakkie gaan toelaat.

MM ·

20 mense – hoop daar gaan klagtes teen die bestuurder gele word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.