20 beseer toe voertuie bots

Foto: ER24

Ongeveer 20 mense is beseer toe ʼn taxi en ʼn motor Woensdagoggend in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 11:30 op die R40 plaasgevind. By paramedici se aankoms op die toneel het hulle talle pasiënte aangetref wat langs die pad lê.

“Drie mense het matige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Nog ongeveer 17 mense het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle ook na ʼn hospitaal geneem is,” het Siddall gesê.

Die oorsaak van die botsing is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Taxis het die gewoonte om op hierdie pad die padreels te oortree, ry oor die spoedgrens, jaag oor ‘n rooi robot, sny voor ander verkeer in as Taxi in ‘n moet draai baan is.

CHRISTA ·

Piet, dis LANDWYD die taxi’s se modus operandi, want hulle weet hulle kom daarmee weg!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.