20 dood, 68 beseer in busongeluk

(Foto: Verskaf)

Altesaam 20 mense is dood en 68 beseer nadat ’n bus en ʼn geldwa Maandagaand op die N1 in die Louis Trichardt-omgewing in Limpopo in ’n trompopbotsing betrokke was.

Die bus het van die brug tot onder in die rivier gerol en op sy linkerkantse sy beland.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, is paramedici en die brandweer om 20:05 na die toneel ontbied.

“Altesaam 16 passasiers wat noodlottig beseer is, is by die rivier aangetref. Hulle is almal op die toneel dood verklaar,” sê Campbell.

“’n Verdere drie passasiers is dood langs die pad aangetref.”

Een passasier is later in die hospitaal dood, wat die totale getal sterftes op 20 te staan bring.

Volgens Campbell was die meeste van die oorledenes wat by die rivier gekry is, onder die bus vasgekeer.

“Die presiese omstandighede van die ongeluk is in hierdie stadium nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.”

Campbell sê dat swaar reën in die omgewing geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andre ·

Mense mense; daar word genoem dat die oorsaak nog onbekend is maar die busdrywer word reeds verguis. Is dit reg ? Ander gerugte noem dat transito roof voertuig betrokke is

Pieter9 ·

Andre ons wat hierdie spesifike pad gereeld ry WEET hoe ry die busbestuurders – ek kan vir jou met redelike mate van sekerheid se , soos dit hulle gewoonte is deur om draaie verby te gaan, oor die witstreep ry, basies geen padreels toepas dat dit in hierdie geval weer so was. Hou maar die media dop. Selfde geld vir die veiligheids -voertuig ook.

Annelize ·

Andre, jy het self die kat aan die stert beet. Die ander voertuig betrokke is nie ‘n transito roof voertuig nie, maar ‘n geldwa.

Andre ·

Jy blyk reg te wees; net gelees transito toe verwag ek die ergste. Jammer

Duck ·

Skokkend!
Tragiese gebeurtenis en om “so” dood te gaan!
Trokke, swaarvoertuie, ja nee.

Nie Verbaas ·

Begin die ondersoek deur vas te stel hoe geldig hulle rybewyse is.

Mnr De Beer ·

Baie mense in Suid Afrika ry sleg. Sal ook nooit leer nie. Statistieke vir sterf op paaie is reeds so hoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.