20 jaar tronkstraf ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van die Oos-Kaap is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn vrou in 2011 verkrag het.

“Similo Zoxo (31) het die 23-jarige vrou op 4 Januarie 2011 in Sokapase naby Butterworth verkrag,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Zoxo is Donderdag in die Tsomo-streekshof skuldig bevind en tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.”

“Die slagoffer was glo alleen by haar kêrel se huis toe die beskuldigde die huis betree en haar met ʼn mes gedreig en verkrag het,” het Manatha verduidelik. “Een van die kêrel se familielede het die vrou gered.” ʼn Saak van verkragting is by Ngqamakhwe-polisie aangemeld en die Butterworth-eenheid teen seksoortredings het ondersoek ingestel.

Brig. Stanley Sibidla, Butterworth-bevelvoerder, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeamptes geloof vir die suksesvolle vervolging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hoeveel van die 20 jaar gaan hy sit? Hy gaan seker ook na 5 of 6 jaar uitkom. Vroue in Suid-Afrika word mos net as besittings beskou. Mans pas hulle motorvoertuie BETER op as hulle vrouens!!!

Nico ·

Maar wat ek eintlik wil se is, Dit het hulle 4jaar geneem om hom skuldig te bevind, scary.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.