20 jaar tronkstraf vir moord op landdros

Landdros Romay van Rooyen (Foto: Facebook)

Cassidy Hartzenberg is Vrydag 20 jaar tronkstraf in die Kaapstadse hooggeregshof opgelê vir die moord op sy tante nadat hy ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het.

Romay van Rooyen was die landdros op Vredenburg toe haar susterskind haar op 9 September 2022 verwurg het.

Die hof het gehoor dat Van Rooyen die betrokke dag geweier het om vir Hartzenberg geld te gee, glo vir ’n werksonderhoud. Hartzenberg het hom vererg en sy tante verwurg voordat hy in haar motor op die vlug geslaan het.

Hartzenberg was toe 18 jaar oud.

Maroela Media het vroeër berig Hartzenberg, nou 20, is op 27 September 2022 in hegtenis geneem nadat ’n familielid op 10 September 2022 op Van Rooyen se liggaam in haar huis in Marina da Gama naby Muizenberg afgekom het.

Haar gesteelde voertuig is die volgende dag in Mitchells Plain gevind.

Hartzenberg is gister 20 jaar tronkstraf in die hooggeregshof in Kaapstad opgelê vir die aanklagte van moord sowel as ’n verdere ses jaar op aanklagte van motordiefstal.

Die hof het beslis dat die twee vonnisse gelyklopend uitgedien word. Hartzenberg is dus tot effektief 20 jaar direkte tronkstrafstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.