20 jaar vir kinderverkragter

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Jong man is 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy verlede jaar twee kinders verkrag het.

Die kinders was onderskeidelik agt en nege jaar oud toe die voorvalle in Augustus verlede jaar plaasgevind het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê danksy die toewyding van die speurders verbonde aan die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) is Gomezgani Banda skuldig bevind en swaar gestraf vir dié misdade.

Die 25-jarige Banda is reeds op 14 Desember deur die Wynberg-streekhof op twee aanklagte van verkragting tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Lt.genl. Thembisile Patekile, polisiekommissaris van die Wes-Kaap, het ʼn beroep op slagoffers van seksuele misdrywe gedoen om hierdie soort misdade so gou moontlik by hul naaste polisiestasie aan te meld. Dit is om te verseker dat die nodige bewyse vroegtydig ingewin word.

“Om ʼn saak binne 72 uur aan te meld, verseker dat die bewyse bewaar word en bied die slagoffer die geleentheid om voorkomende behandeling ná blootstelling te ontvang wat help om MIV-oordrag te voorkom,” sê Patekile.

  • Slagoffers van seksuele misdrywe kan 0800 428 428 skakel vir hulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.