20 jaar vir verkragting van stiefkind

tronkdeurʼn 49-jarige man is Maandag in die Pietermaritzburg-streekshof in KwaZulu-Natal tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy stiefdogter, nou 14 jaar oud.

“Die dogter was 12 toe hy haar herhaaldelik verkrag het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê. “Hy het haar met die dood gedreig as sy vir enigiemand daarvan sou vertel.”

Tydens een voorval op 26 Oktober 2012 het die slagoffer se niggie haar hoor huil vanuit ʼn ander kamer. “Sy het die volgende dag die slagoffer daaroor gevra, en die slagoffer het gesê haar stiefpa het haar verkrag.”

ʼn Verkragtingsaak is aanhangig gemaak en deur die Pinetown-polisie se eenheid van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek. Die stiefpa is op 30 Oktober 2012 in hegtenis geneem op aanklag van verkragting. Hy het verskeie kere in die hof verskyn en is Maandag gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ingrid christians ·

Ek en my kinders volg elke nuwe verwikkeling in die Oscar saak. dit is hartseer om hom so te sien asook families aan beide kante. n Mens kan net in hierdie moeilike tyd opkyk en weet jou hulp is van die HERE. n Groot vertroosting is dat die Here ook die moordenaar wat saam met Hom aan die kruis gehang vergewe het. n mens moet nooit ophou glo en vertrou nie ongeag wat jou omstandighede is . die Here is altyd daar en Hy sal leiding gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.