20-jarige neem 13 paaltjies in toets

Kagiso Rabada. Foto: cricbuzz.com

Kagiso Rabada. Foto: cricbuzz.com

Die 20-jarige snelbouler van die Proteas, Kagiso Rabada, het in die vierde en laaste toets teen Engeland altesaam 13 paaltjies ingeoes.

Suid-Afrika het die toets oortuigend met 280 lopies gewen.

In Engeland se eerste beurt van 342 lopies op SuperSportpark in Centurion het Rabada sewe paaltjies platgetrek. Dit het hom 112 lopies gekos.

In Engeland se tweede beurt het die jongeling ses paaltjies platgetrek wat hom net 32 lopies gekos het. Engeland het erg ineengestort en net 101 lopies in sy tweede beurt teen Rabada en sy snellermaat, Morné Morkel, bymekaargehark. Morkel het 3 paaltjies vir 36 lopies platgetrek.

Die Proteas is in hul eerste beurt vir 475 uitgehaal en het hul tweede beurt op 248 vir vyf verklaar. Rabada is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

’n Blink toekoms word vir die jong Rabada voorspel as die beserings sou uitbly. Hy is ook geen pampoen met die kolf nie, hoewel hierdie toets nie sy kans was om sy kolfwerk uit te stal nie. In die eerste beurt het hy ’n nulletjie gekry nadat hy van die tweede bal af uitgehaal is, en in die tweede beurt het die Proteas verklaar voor hy kolfkans gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Great ·

Beskerm hom teen invloede en beroepswedders! Seun leef voluit en doen so voort. Gesels met iemand wat jou mooi kan help om jou toekoms te beplan en alles te spaar. As jy nederig bly en die regte pad vat, gaan jy nog ‘n mooi toekoms hê!!!!! Gaan groot

Rupert Ashford ·

En kyk mooi na hom, moet sy jong lyf nie ooreis met te veel krieket te vinnig nie. Ons het nie nog ‘n Mfuneko Ngam of Brett Schulz storie nodig nie.

Deon ·

Hierdie swart speler vedien sy plek in die Protea krieketspan op grond van verdienste en nie op grond van sy velkleur nie. Hy is `n tweede Makhaya Ntini. Mooi so jy verdien dit. Op vorm is jy op die oomblik beter as Steyn. Doen so voort!!!

Pierre ·

Hoewel ons die reeks verloor het, het daar ‘n klomp nuwe talent na vore getree veral met ons mede lands burgers wat werklik bewys het dat hulle op meriete in die span was. Geluk aan Rabada met uitstekende boul vertoning asook Mavuma wat gewys het jy hoef nie lank en lenig te wees om ‘n goeie kolwer te wees nie.

Rupert Ashford ·

Goeie kolwers is dikwels kleiner manne – Tendulkar, Lara, Ponting was nie een reuse nie.

Elbie ·

KG is is n regte ster! Baie geluk, hoop daar is nog so baie sukses wat wag! Ook Stephen Cook en Themba Bavuma het gewys daar is hoop. Sterkte!

Danie Kok ·

Engeland het ons oordonder in die eerste drie toetse, skielik “tuimel” hulle in die laaste een. Ek sal regtig waak teen die lofliedere vir die “ontwaakte” Proteas. Dit wil vir my voorkom of iewers iets nie heeltemal pluis is nie…

Elbie ·

Ag toe ou doemprofeet…nie almal is n potensieele knoeier nie.

Danie Kok ·

Nee ou Elbie, ek is allesbehalwe ‘n “ou doemprofeet” en beslis nie ‘n naïewe kind wat so maklik oortuig kan word dat Engeland enersyds skielik so verswak het en die Proteas andersyds skielik so drasties verbeter het nie. Skrik wakker uit “lalaland” boetie…

Rupert Ashford ·

Hulle het klaar gewen, was al met een voet in die vliegtuig oppad huistoe. Of….

Danie Kok ·

Elbie, Maroela verwyder my kommentaar of plaas dit glad nie. Dit wil voorkom of hulle idee van vrye spraak slegs hul voorskriftelike “thought police” metodes bevat. Nietemin, ek sal maar net vir jou vra waar jy “knoeiery” lees in my kommentaar? Moet liewer nie verkeerde aannames maak nie. Maroela, pas my kommentaar nou by julle diktatoriale voorskrifte in?

Elbie ·

Ek dink net dat dit bietjie onwaarskynlik sou wees, dat ‘iets ongerymds’ so gou na die Bodi-skandaal sou gebeur het. Na die vorige powere pogings van die span, lyk dit darem of daar met die paar veranderings, dalk hoop is vorentoe. Ek hoef nie wakker te skrik uit ‘lallaland’ om dit te besef nie, ek is ook allesbehalwe n boetie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.