20 keer lewenslank vir reeksverkragter

Argieffoto

Joseph Mahloma (31), ʼn reeksverkragter, is in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis op 94 aanklagte, insluitend 15 aanklagte van ontvoering, verskeie aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen, roof met verswarende omstandighede en verkragting.

Mahloma is tot 20 lewenslange vonnisse met ʼn bykomende 520 jaar agter tralies, gevonnis, het Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê.

Mahloma het tussen Januarie en Augustus 2014 die gemeenskap van Tembisa geteister en binne ses maande minstens 14 vroue verkrag.

Regter Leicester Adams het gesê Mahloma het nie enige berou getoon vir wat hy gedoen het nie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het die vonnis verwelkom. “Ek is dankbaar vir die lang tronkstraf ná hy onskuldige vroue geteister het. Dis belangrik dat ons regstelsel sulke mense moet straf. Dit dien as ʼn afskrikmiddel vir misdadigers dat die Gautengse owerhede nie sal huiwer om sterk op te tree teen diegene wat ons kinders en vroue mishandel nie.”

Nkosi-Malobane het ook “die span bekwame ondersoekbeamptes” geloof dat hulle ʼn “waterdigte saak teen die misdadiger” saamgestel het. “Ons dink aan en bid vir die slagoffers van hierdie gruwelike misdaad en hoop dat almal berusting sal vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet kokewiet ·

Nee hy moenie eens tronk toe gaan nie hy moet net doodstraf kry.

Morne ·

Hy verdien dood straf en regering te blind dit te sien. Sulke siek mense vernietig n vrylike toekoms!!!

Hendrik UAE ·

Ek is dom….. Die ou het mos eintlik net een lewenslange vonnis as alles saam uitgedien word?

Bettie ·

As ek reg verstaan, dan het ‘n langer vonnis (bv verskeie lewenslange vonnisse) ‘n impak as die persoon uiteindelik vir parool wil aansoek doen. Met ‘n enkele lewenslange vonnis kan die persoon dalk na 25 jaar in aanmerking kom vir parool, maar as daar verskeie vonnisse is, dan kom hulle nie so maklik in aanmerking vir parool nie.

Paint it black ·

Nog n contender vir die titel as die magistraat wat die langste vonnis opgelê het. Wys hoe het menslike waardes al verval in n lewe waar ja nie meer ja en nee nie meer nee is nie.

A Mac ·

Plaas dat die howe begin om vonnisse op te lê wat lees: ” Jy gaan vir 25jaar tronk toe, gedra jou mooi en ons gee jou 10 jaar afslag, en kort ons plek in die tronke, dan gee ons jou nog ‘n paar jaar afslag.” Hierdie vonnis van 50 en meer jare is absoluut belaglik, almal weet maar net dis grootpraat deur die regters. Dinge werk nou heel anders as 30 jaar gelede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.