20 leerlinge in hof ná geweld

Argieffoto

Argieffoto

Die 20 hoërskoolleerders wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hulle van hul mede-skoliere met klippe bestook het tydens ʼn gewelddadige betoging, het in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die polisie se taktiese reaksie- en honde-eenheid is na ʼn betoging in Weenen, KwaZulu-Natal, ontbied nadat ʼn groep skoliere gewelddadig geraak het.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die leerders, tussen 15 en 19 jaar oud, het in die hof verskyn en 13 van hulle bly in aanhouding. “Vyf leerders is in die sorg van hul ouers vrygelaat terwyl die ander twee is na plekke van veiligheid geneem.”

Gwala het gesê die leerders sal weer Maandag in die hof verskyn wanneer die 13 wat in aanhouding is om borgtog sal aansoek doen. Die leerlinge is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

“Die groep is glo uit ʼn plaaslike hoërskool geskors oor hul ontwrigtende gedrag en het in ʼn groep voor die skool saamgedrom om ander skoliere te verhoed om skool by te woon,” het Gwala vroeër gesê. “Die groep het die ander leerders met klippe bestook en hulle gedreig.” Sy het gesê twee busse, talle vensters van die skoolgebou en ʼn paar vensters van nabygeleë huise is deur die betogers beskadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter dp ·

Net jamerlik lyfstraf is af ge stel. So n paar hale oor die sitvlak verig wondere.

Johann ·

Aggasiestowg. Helle hes sekere nouw disatvaantidged…of rasisme gaan weer aanghaal word?

Willie ·

Waar is die ou dae se Polisie rottang… in sout gele… oopkloof en die ore behoorlik oopmaak? Lyk my klipgooi is n nuwe sport sort vat sy nek uitsteek…

Tersia ·

Nou daar het ou Fakile sy eie Olympic team. Die kleur en alles honderd persent reg!!!

janneman ·

Hoop die hof laat hulle betaal vir die skade en mediese kostes wat hulle veroorsaak het. Tyd dat n voorbeeld gestel word vir voornemende vandaliste.

Francie ·

Ek stem saam met Janneman. Hoewel ek graag lyfstraf sal voorstel, gaan dit in hierdie geval net na meer geweldadige optrede lei. Laat die skuldiges verantwoordelikheid aanvaar vir die skade en hulle ( hopelik) die boodskap kry dat dit geld en werk kos om die skade te herstel. Dit kan hulle sommer leer hoe om geld op die regte manier te verdien. Te veel jong mense kry te veel te maklik.

Berhalet Beukes ·

Skyn te wees dat as dit eksamen tyd is gaan sommige skoliere en universiteits studente ewe erg tekere… Wanneer leer hulle dan? Of word hulle grade vir hulle gegee, soos alle maar net gegee word? Dan wonder ‘n mens wat regtig voorlê vir ons met so ‘n patetiese verskoning van ‘n regering wat maar net nie orde kan handhaaf nie. Sluit die spulletjie maar toe… Hulle is duidelik nie lus vir opvoeding nie!

Maria van Dieweeck ·

Hulle is nie hoerskoolleerlinge nie, hul is jong terroriste

Roy ·

As hulle nie kan betaal laat hulle gemeenskap diens doen en laat die ouers betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.