20 mense sterf in taverne

Die polisie is al vroegoggend op die toneel. (Foto: Jurie Blignaut/Twitter)

Altesame 20 jong volwassenes is vroeg Sondagoggend dood in ʼn taverne in die Oos-Kaap aangetref. Die oorledenes is almal tussen die ouderdom van 18 en 20 jaar.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê lede van die gemeenskap het om 04:00 die polisie oor die voorval in kennis gestel. Die oorledenes is almal in ʼn plaaslike taverne in Scenery Park in Oos-Londen aangetref.

Die polisie het vroeër vandag gesê dat daar slegs 17 mense dood is, maar dié syfer het teen die middag tot 20 gestyg.

“Twee mense wat in die taverne was, is vroeër na ʼn kliniek geneem, terwyl nog ʼn persoon reeds in die hospitaal dood is,” sê Kinana.

Sewe van die 20 mense wat gesterf het, is vroue en 13 mans.

Die omstandighede rondom die voorval word tans ondersoek en geregtelike doodsondersoeke word reeds gedoen.

“Die polisie wil nie bespiegel oor die moontlike oorsaak van die sterftes nie, want dit kan die sensitiewe ondersoek wat tans aan die gang is belemmer.”

Die polisie het nie uitgebrei oor die omvang van die oorledenes se beserings nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen sy ontsteltenis oor dié tragiese voorval uitgespreek.

“Terwyl die president wag op meer inligting oor die voorval is sy gedagtes by die families wat kinders verloor het, sowel as gesinne wat wag op bevestiging van hoe dit met hulle kinders gaan,” sê Vincent Magwenya, woordvoerder van die president.

Ramaphosa het self bygevoeg dat hierdie ʼn groot verlies is tydens Jeugmaand.

“Hierdie tragedie is soveel erger tydens Jeugmaand – ʼn tyd wanneer ons jong mense vier en geleenthede vir verbeterde sosio-ekonomiese toestande vir die jeug van ons nasie voorstaan en bevorder,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Magda ·

Jeug maand, wat is dit. Ons jeug vandag is ongesissiplineerd, het geen respek vir enige mens ni, ni eers vir hulle self ni. Bring GOD en DISIPLINE terug in di ouer huis asook skole, 18 jaar oud hemel wat soek daai Jong kinders in n tavern, regtig.

miche ·

Ek lees elders die jongste oorledene was net 13 jaar oud.
Hul was daar vir ‘n verjaarsdag-partytjie.

Elize ·

Suip sal daar gesuip word. Maak nie saak wat die ouderdom is nie

john ·

Die polisie weer eens nie hulle werk gedoen minderjariges word alkohol bedien en toegelaat.

Diana ·

Laat ons maar voor ons eie deure vee.Dink aan die ouers en ander familie lede van die oorledenes.Elke ouer het sy kinders lief.Hou op met klippe gooi.Môre is dit een van ons kinders.Die dood vra nie wie se kind jy is en wat jou velkleur is nie.
My opregte medelye aan almal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.