20 Powerball-boerpotwenners laat wenkbroue lig

Argieffoto

Suid-Afrikaners ruik lont nadat 20 mense Dinsdagaand elkeen sowat R5,6 miljoen van die R114 miljoen PowerBall-boerpot losgeslaan het met die opeenvolgende nommers 5, 6, 7, 8, 9 en Powerball-nommer 10.

Sosialemediagebruikers het intussen uitgevaar en die Lotto as ’n verneukspul bestempel. Sommige het selfs ʼn beroep op die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek gedoen om die Nasionale Lotery te ondersoek terwyl ander versoek het dat die wenners se identiteit bekend gemaak word.

Thomas Farrar, senior lektor in Statistiek by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT), sê egter daar is geen rede om onraad te vermoed nie aangesien alle kombinasies van nommers in die Lotto ewe waarskynlik is om getrek te word.

Farrar het Woensdag aan Cape Talk verduidelik die Lotto Powerball-speletjie behels dat enige vyf nommers tussen 1 tot 50 gekies kan word terwyl die bonusbal uit ’n aparte boerpot van 1 tot 20 gekies kan word.

Daar is dus meer as 42 miljoen verskillende kombinasies van ses nommers waarvan deelnemers kan kies en al hierdie kombinasies is ewe waarskynlik. Deelnemers het dus ’n een uit 42 miljoen kans om die boerpot te wen.

“Die kombinasie van 5, 6, 7, 8, 9 en Powerball 10 is net so waarskynlik soos enige ander kombinasie,” meen Farrar.

Ithuba Holdings, wat die Lotto bedryf, bestempel Dinsdagaand se lottotrekking as “ʼn historiese geleentheid”.

Altesaam 20 deelnemers het die boerpot gewen terwyl een persoon die PowerBall Plus-boerpot van R5,8 miljoen losgeslaan het.

“Hoewel daar al voorheen verskeie wenners uit dieselfde loting was – waaronder die boerpot van R110 miljoen wat in 2018 deur vier mense gewen is – was daar nog nooit 21 wenners op een aand nie.”

Ithuba Holdings sê hoewel niemand gisteraand se wennommers verwag het nie, is dié soort volgorde algemeen in loterye wêreldwyd. “Ons het gesien hoe Suid-Afrikaanse lotery-spelers al meer en meer dié kombinasie kies.”

Hiér woon die wenners:

Gauteng – 8 wenners

Noord-Kaap – 1 wenner

Vrystaat – 1 wenner

KwaZulu-Natal – 3 wenners

Oos-Kaap – 2 wenners

Wes-Kaap – 1 wenner

Limpopo – 1 wenner

Mpumalanga – 2 wenners

Twee van die wenners het met hul banke se apps aan die lotery deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pitbul ·

Ek sê lankal dit is n klug spel. Het baie klein bedragies gewen toe ek nog in Soweto gewerk het en daar gespeel het. Deesdae kry ek nie eers twee nommers in n ry nie…. sê maar net…

Johann ·

“historiese geleentheid…”????? Ja shure! Dis nou nie juis asof die LOTERY los staan van enige LOOTING soos die ANC en sy kaders die res van elke denkbare fonds of geld koffer leeg dra nie?

Thea ·

Ek is seker as die wenners nagespeur word het hulle almal ‘n lotery konneksie.

quartus ·

Ons kan met redelike sekerheid aanvaar dat hier n slang in die gras is. Dit is mos die nuwe Suid-Afrika hierdie.

Mudguard ·

Jissie, maar die kaders ken hulle storie. As daar nie slang in die gras is nie, wys ek jou n twaalfrandnoot.

Riaana ·

Die sirkus WAT ons n land Wil noem, dis n grap!!!! ????????????????

Ben ·

Van dat “”hulle”” dit oor geneem het, is daar bedrog. Die ou reken ñ mens het 1 in 42 miljoen kans. Eerder 1 in 142 miljoen. 99.99% van die tyd wen een van hulle pelle.
What a joke.????????????????????

Leeuwyfie ·

Die kans om enige kombinasie te wen is dalk 1 uit 42 mil, maar die kans om ‘n kombinasie te kry waar die syfers ‘n patroon is is meer ‘n kans in die biljoene.

Cecilia ·

Dis bietjie dik vir n dalder.
Toevallig opeenvolgende nommers en 20 mense kry dit reg.
Come on dasi Farrer moet nou kamtig so slim wees. Hy net so stupid soos d res vd mense wat glo daar is n man pp d maan.

JGE ·

Hulle kan maar my naam noem…….. ek het toe nie gewen nie????

Hennie J ·

Wat ons lankal vermoed is nou bewys. Die wennommers KAN gemanipuleer word en is beslis aan getorring. Iets vir die valke om hulle mee besig te hou?
My tweedelaaste opmerking oor die valke: sien nou die dag n hoenderhen met 6 kuikens (5 gesondes en een swakke) besig om rustig te wei. n Valk slaan toe uit die niet. Raai watter kuiken het in die slag gebly.

Jakes ·

Ag kom nou Farrar, sommige mense het n IK. Maak die wenners se name bekend en dan praat ons weer.

Lee ·

Ek vermoed lankal dat iets nie reg is met SA se lottery nie – verbaas mens ook glad nie, waar daar n koekie blik is in die land, is daar vingers in.

Carina ·

Ek sê nog altyd die balle is ge”rig”. Dit is onmoontlik dat daardie nommers so reg agtermekaar kan uitval. En watter normale mens wat lotto speel sal ooit sulke nommers kies – jy weet mos dit sal nooit gebeur nie. Nee, iemand daar binne het ‘n Xmas bonus gesoek, ek ruit ‘n erge vrot rot!!!!

Swanie ·

Jip kers bonus tyd , kom ons vat die wees kinders se geld en koop n nuwe Merc

Johan ·

20 wenners, met hierdie nommers? Vertel ons eerder wie is die wenners? Dit is heel waarskynlik slegs een persoon, wat van provinsie na provinsie beweeg het en hierdie “gemaniplueerde” nommers, gespeel het. Elke tjom kry dus sy kaartjie en gaan eis sy wentjekkie op!

Almal werk saam en die skelms by die lotery het ‘n vet slag geslaan. Kan ons nog so naief wees om getrou elke week aan die skelm skema deel te neem en heimlik te glo jy gaan meer as R 12,50 wen? Hier behoort ‘n ondersoek gedoen te word deur ‘n waghond soos Afriforum, maar ek ruik ‘n rot!

As iemand nog die boerpot wil speel is hy bloot stupid en mors hy net sy geld. Die ANC het ook hier sy vingers in die koekblik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.