20 skoliere in ongeluk beseer

(Foto: Rescue Care)

Twintig skoliere is Maandagmiddag beseer toe die taxi waarin hulle vervoer is, ʼn lamppaal langs die pad in Durban getref het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het net voor 16:00 in Adelaide Tambo-rylaan plaasgevind. “Paramedici het die taxi langs die pad aangetref waar dit die lamppaal getref het. Twintig skoliere het verskeie beserings opgedoen en nog ambulanse is dadelik ontbied om bystand te lewer.”

Die skoliere is na verskeie hospitale in Durban geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Polisiebeamptes was op die toneel en stel verder ondersoek in,” het Jamieson bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

IK ·

‘Dit’ tussen my ore sê dat 20>15sitplekke. 21 indien bestuurder ingesluit word. Dus 21>15.

Henrico ·

Gelukkig is die ander 20 insittendes darem nie beseer nie. Dit kon baie erger gewees het. Al 40 kon beseer gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.