20 sterf in ongeluk: Pa verloor drie kinders

Max Mayisela het drie kinders verloor in die minibusongeluk Vrydag (21 April 2017) op die R25 buite Bronkhorstspruit Foto: Balise Mabona/ANA

Max Mayisela het Vrydag sy drie kinders verloor tydens ʼn ongeluk buite Bronkhorstspruit wat die lewens van 19 skoliere en die minibusbestuurder geëis het.

“Die gaping wat hulle in my lewe en my familie gelaat het, sal nooit gevul word nie,” het Mayisela hartseer gesê. “My kinders was baie naby aan mekaar en hulle was lief vir skool. Ek was so lief vir hulle. Ek gaan hulle altyd mis. Hierdie is een van die moeilikste goed vir ons as ʼn familie.”

Mayisela se twee seuns, Thapelo (15) en Sibusiso (9) en sy agtjarige dogter Nokuthula is in die ongeluk oorlede toe die minibus en ʼn vragmotor op die R25 naby Bronkhorstspruit gebots het. Die minibus het aan die brand geslaan en van die insittendes het verkool. Sewe leerlinge het die ongeluk oorleef en is in die KwaMhlanga-hospitaal opgeneem.

Mayisela, van Verena in Mpumalanga, het aan African News Agency (ANA) gesê hy sal altyd onthou hoe sy kinders vir mekaar opgekom het. “Die ongeluk het my beroof van ʼn kans om vir hulle te sorg en hulle groot te maak totdat hulle volwassenes is.”

Hy doen ʼn beroep op die regering om padverkeerswette te wysig om padongelukke te verminder.

“My kinders het mekaar graag gehelp. Ek het hulle laas Vrydagoggend gesien toe hulle skool toe is. Hulle was gelukkig. Ek kon dit nie glo toe ek later die middag hoor hulle is almal in die ongeluk dood nie. Die regering moet programme instel wat bestuurders se vaardighede sal verbeter.”

Al wat oorbly van die ongelukstoneel wat 19 kinders en die minibusbestuurder op 21 April 2017 op die R25 buite Bronkhorstspruit gesterf het Foto: Balise Mabona/ANA

Mayisela werk self as ʼn bestuurder. Sy vrou, Thandi, was te getraumatiseer om met ANA te praat. Die drie kinders was die egpaar se enigste kinders.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, het gesê verteenwoordigers van verskeie afdelings van die regering vergader Sondag om reëlings te tref vir die families van die oorlede kinders om hul liggame uit te ken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Mielie ·

Ek is so jammer vir julle verlies. Dis verskriklik. Julle is in my gebede. Hierdie regering gee nie om vir die landsburgers nie.

wirim ·

Mielie, nee, jy is nie heeltemal reg oor die een nie. Zuma het reeds sy diepste simpatie betoon en die ouers was reeds deur ministers besoek. En dit was op parlementere vlak bespreek…

Penellope Jones ·

Ai Max, ek kan my dit nie voorstel nie!
Alle sterkte vir jou en jou familie – mag julle krag ontvang om hierdie tragedie wat jou so persoonlik raak, te verwerk.

Tessa ·

Dis so verskriklik hartseer. Sal dit help om vir die arme mense te bid? Sal hulle hartseer ooit minder word?

Jakoba ·

Tessa gebed is nie daar om die hartseer minder te maak nie maar Gebede help baie, dit dra ‘n mens deur hierdie diep pyn, dit gee jou krag om elke dag die lewe in die oe te kyk, om op te staan en te gaan werk. Ek weet hoe dit voel, ek gaan op die oomblik deur ‘n diep rouproses. Die pyn raak nooit minder nie. Hoe meer die tyd en dae aanstap hoe moeiliker raak dit vir mens.

snoefie ·

innigste simpatie Max en Thandi en al die ander ouers. wat n fel slag. ek dink regtig buses en taxi’s moet stadiger ry. dalk net 80kph. soos MEESTE minibustaxi bestuurders jaag as of die duiwel en al sy kleinboeties op hulle hakke is sonder enige agting vir die lewens van hulle passasiers. dit terwyl duisende km’s spoorlyn lê en roes of gesteel en aan skroothandelaars verkoop word.

Johan. H. ·

Max ons kan nou maklik praat, maar ek as n wit man bid laat dit met julle beter gaan,vat elke dag net dag vir dag, en probeer sterk wees. Jammer vir julle.

Ek ·

Ai ek kan my dit nie voorstel nie. Ons bid vir julle en glo God sal self vir julle troos. Baie sterkte aan almal wat geliefdes verloor het in padsterftes, en andersins.

Elize Watson ·

Dit is so hartseer dink aan jou en bid dat die Here jou styf sal vas hou in die hartseer tyd.

Elizabeth ·

Dit is ontsettend. My innige simpatie, mag julle vrede vind. Rus sag, kinders, wees vry

Willie ·

Aaaai, sterk bly. Dis vreeslik!!!. Wat presies het daar gebeur, na bewering.

Afrikaanse Knaap ·

Ek huil sommer, en word woedend as ek dink dit kon voorkom gewees het as daai verdomde JMPD wat elke aand na my lisensie skyf kyk oppad huis toe, net bietjie taxi’s wat nie padwaardig is en die wet oortree van die pad afhaal nie.

Jenny ·

RIV 3 engele, sterkte aan die pappa, mamma en fam, mag jul vrede en berusting. Mag die Heer Sy arm van liefde om hul slaan en hul vertroos.

Ai ·

Dis verskriklik hartseer, ek kan nie eers indink hoe hulle as ouers moet voel na so verskriklike verlies nie. Een oomblik het jy drie pragtige kinders, volgende oomblik is hulle net weg… Dit geld ook vir al die ander mammas en pappas wat kinders verloor het in die botsing.

Julle is in my gebede, mag ons Hemelse Vader julle troos.

R.I.V kleintjies ?

Jenny ·

RIV 3 engele, sterkte aan die pappa, mamma en fam, mag jul vrede en berusting vind en die Heer Sy arms van liefde om hul slaan en hul vertroos.

w ·

Ouers woorde sal ni jul laat beter voel nie. Net Gebed en Onse Hemelse Vader kan die hartseer bietji draagliker maak. Sterkte aan jul gesin

Pierre ·

Max, ons innige simpatie. Ons vra God om jou en jou familie, en ook die familie van die ander betrokke in die ongeluk, by te staan in hierdie tyd van hartseer en smart. Hou net jou oë gevestig op die Here want net Hy het die krag om jou volkome deur hierdie te lei.

André ·

We can only express our symphaty towards the loss of children who is our Tomorrow’s Next Generation!
♡ Never Borrow Sorrow from Tomorrow!
We have only Today to say ‘I Love you’s, I am Sorry, is there anything I can do for you’!?
For if we lost Today and Tomorrow never comes, don’t Regret Today while we still have Gods Grace and Loving Hand over us for Tomorrow is not Promised to anyone!
May Gods Peace Rest with the family in mourning!
Shalom!

Tanya ·

Pragtige woorde André. Sterkte Max. Mag die Here jou en jou familie styf vashou. Ek weet hoe dit voel om ‘n kind te verloor. Die seer gaan nooit weg nie, mens leer net om daarmee te “cope”. RIV kinders.

Sharon ·

Ek wens so hulle wil die K53 as ñ vepligte hoofvak vak op hoërskool instel. Ek glo regtig dat dit so baie korrupsie en lwens sal red. My hart gaan uit na hierdie gesinne ?

m ·

Stem saam Sharon. Laat dit deel vorm van Lewensoriëntering. Dit sal baie meer sin maak. En dan kan die Regering ook moeite doen om skole in die mense se omgewings op te gradeer en kwaliteit onderrig te verseker, dan sal dit nie nodig wees om kinders so ver te vervoer nie. Net gister het ek agter ‘n klein bakkie gery, wat seker maklik 10 kindertjies agterop het. Dit is skrikwekkend, en tog het ouers nie ‘n keuse as om hul kinders so te laat vervoer nie.

Buitestander ·

Ek kan nie my indink waardeur julle gaan nie. Mag julle ryklik vertroos word deur die Here.

erica ·

max ons dink aan jou en jou vrou mag die Here julle vertroos in die moeilike tyd.so ook vir die ander familie wat n geliefde verloor het.ons is saam julle hartseer.

Pastoor ·

Verskriklik tragies. Here help daardie gesin. Ek merk op dat al meer long base bakkies met n kappie op gebruik word om skool kinders te vervoer. Hulle ry oor rooi ligte
Dit gestop word heel eerste

Willemien ·

Max en Thandi, my innige simpatie. Ek is so jammer oor die verlies van jul kinders. Ek bid dat God julle sal vertroos en styf vashou in hierdie donker tyd.

cs ·

Dis verskriklik – kan myself nie indink hoe die ouers moet voel nie. Baie Sterkte vir Max en sy vrou en al die ander ouers wat hulle kinders verloor het, julle is almal in ons gebede

Cindy du Toit ·

Baie jammer om te hoor van julle groot verlies. Mag ons Hemelse Vader julle in hierdie tyd vertroos.

Oosie ·

Ek ry vroegmiddag vandag (Sondag) op die snelweg na JHB. Net na Gene laan afrit is daar ‘n 100km/u zone, maar twee onbekende busse en ‘n InterCape bus met ‘n sleepwa is by my verby asof ek parkering soek. Ek het hul probeer inhaal om te kyk hoeveel hul ry, maar kon hul nie teen 120km/u inhaal nie. Daardie plakker op die agterkant van ‘n bus (100) beteken NIKS.

M ·

Ons het al agter ons kind se toerbus aangery na wedstryde. Wat ons letterlik moet jaag om by te bly. My senuwees was gedaan. Ons laat het vreeslik wetgewing, maar niks word toegepas nie. Daai bus/taxi weet ‘n R200 bribe laat als verby gaan.

Jean ·

Ai dis tragies!
Sit sommer met n knop in my keel..dis regtig hartseer om iemand deur so n nare gebeurtenis te moet sien gaan..baie baie sterkte al sal jy en jou familie die boodskap nooit sien nie.
Mag die Here jou en jou familie vertroosting gee.

Kyk op die foto ·

Kyk op die foto van die ongelukstoneel waar ‘n voertuig ‘n ander verbysteek met ‘n string voertuie voor hom. Dit is mos die norm nou se dae dat die agterste voertuig eerste verbysteek om dan tussenin in te druk om die volgafstand op te neem van die voertuig wat verbygegaan word.
Sterkte en vertroosting vir die naasbestaandes in hierdie ongeluk. Ek stem volkome saam met Max se voorstelle.

GR ·

Jare terug is daar gespot oor “Spietkops” wat onder die boom sit maar mense het daardie die padverkers reels nagekom want die manne het hul werk gedoen,vandag sien jy hulle omtrent net agter die spoed kameras,sperstrepe stoptekens beteken niks. Kyk hoe ry groot voertuie op die snelwee,kilometers langs mekaar want die een kan die ander nie verby gaan nie en die motoris agter raak frustreerd doen die verkeersowerhede iets hieraan ?
Nee,niks.

Andriette ·

Max, God be with you and your wife! Amen? Give Time, time

Jo ·

Daar is nie woorde wat die seer gaan beter maak nie. Baie sterkte aan al die ouers wat hulle kinders verloor het op so aaklige wyse. Julle is in ons gebede.

madels ·

Dis erg verskriklik om hierdie tragiese nuusberig te lees. Ek het drie kinders en ek kan my nie indink om hul al drie of enige een van hulle te verloor nie. Ek kan dan maar ook doodgaan. My innige innige simpatie met die ouers en familie van hierdie en al die ander gesinne wat hul kind of kinders verloor het. Mag die Here Jesus julle kom vertroos soos net Hy kan.

Leonie ·

Ai dis nie lekker nie. Dis ‘n groot seer. Sterkte aan die ouers in die bitter moeilike tyd. Dis baie hartseer.

My hart pyn ·

My hart pyn vir julle, baie sterkte. Bestuursopleiding sal nie werk, n paar sal die geld vat en sit en chill in n bondel soos met alle ander goed, gaan kyk by sport, die wet teenoor taxi bestuurders moet streng toegepas word, nie omdat dit wie of wat is, maar soos nou bewys, hul werk is uiters belangrik, hul vervoer kosbaarste besittings, dit moet nie net n vinnige geldjie wees nie.

zahn ·

Om een te verloor is erg.Drie? Ek kan en wil my nie indink hoe jy moet voel nie. My hart bloei vir jou. Sterkte, ek het nie woorde nie.

STAAN OP ·

Dit is vreeslik, en my innige simpatie aan elke ouer wat ‘n kind in hierdie ongeluk verloor het. Julle moet ook nou saamstaan om die TAXI industrie te REGULEER, IVECO of HI-ACE< maak nie saak nie dit bly 'n minibus/taxi. Dit help nie ons ou wittetjies kla oor die taxis en busse nie, dan is ons rassisties, gaan staan JULLE ouers en mense saam wat geliefdes in 'n taxi/bus ongeluk verloor het en dring aan op BETER regulering van hierdie bedryf. Laasweek se busbestuurder het 'n vervalde lisensie gehad en die bussie was nie padwaardig nie, kinders het nie 'n keuse nie, en klim maar in en sit hulle hande in die lewens van onverantwoordelike mense .. Die ANC en DA is gou om saam te staan en plakkate rond te swaai teen doodskisouens wat GEEN lewe geneem het nie, staan nou op teen die TAXIBEDRYF wat elke dag lewens kos.

NamibRose ·

So jammer, verskriklik. 3 kinders….en dan nog hul al enigste 3 – hartsverskeurend. Baie sterkte Max en Vroutjie. Baie sterkte ook aan al die ander slagoffers se familie lede en vriende in geheel. Jul is in ons gebedes.

Maria ·

Sterkte aan die familie ons voel saam met julle ,God het n doel met alles,

Annetjie du Bruyn ·

Baie baie sterkte aan daai familie wat 3 kindertjies verloor het!!!!! Ook aan elkeen wat n kind veloor het……ek kan my nie in julle plek stel nie!! Ons dra julle op in ons gebede

Ch ·

Bitter seer! Sterkte aan die familie en al die ander wat kinders verloor het. God droog trane af.

Elsabie Pelser ·

My hart gaan uit na elke ouer van die leerlinge. Toe ek die berig hoor het ek dadelik gedink aand die Skoolbusramp van Jan 1970 waarin 23 stemme stil geword het. Glo daardie ouers en families beleef weer eens die seer. Sterkte Max en Thandi, woorde klink leeg. Hou jul in ons gebede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.