
Argieffoto: Verskaf
Die dodetal in die gru-ongeluk in Mpumalanga kan na verwagting nog styg.
Teen laat gisteraand het Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsie se departement van veiligheid, bevestig 14 mense het hul lewe verloor in die botsing tussen twee vragmotors, ʼn 22-sitplekbussie en ʼn passasiersmotor op die N4-tolpad tussen Mbombela en Malelane.
Hy het aan News24.com gesê reddingsbeamptes was nog besig om deur die wrakstukke op die ongelukstoneel by Matsulu te gaan en kon moontlik op nog liggame afkom.
Die oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word.
In ʼn afsonderlike ongeluk omstreeks 19:00 Vrydag is ses mense dood in ʼn trompop botsing tussen twee voertuie op die N1 by Modimolle. Drie mense is ernstig beseer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Ek weet nou nie so mooi nie, maar die berig herhinner my baie aan dieselfde berig laasweek: vragmotor, 22 sitplekbussie, passasiersmotor, Mabuza, 14 oorledenes… Is dié ‘n nuwe voorval?
Baie binnekort gaan die boodskappe instroom oor “hulle” en “taxis” en “paaie”…maar wat doen ons daaraan? Ons moet daadwerklik optree. Ek reis gereeld op die N1 vanaf die noorde na Pta…en maak nou n punt daarvan om veral die busse te rapporteer wat spoedgrense oorskry. Ons moet saamstaan deur een of ander aksie te loods om ons oaaie te beveilig…Nou!!
Skrikwekkend!! Stel vas wie het gekoopte/gekookte lisensies en wie het die ondenkbare braafheid om onwettig op die paaie rond te slinger…!! Van die gevaatlikste paaie is: Die N4 vanaf Pumulani na Rustenburg, daar waar die dubbelpad, een word!! Die omstrede Molottopad , wat treine sou kry ens. ens! Die N1 en N3, daar waar hulle elkeen een pad word! Baie padgebruikers, het nie wettige lisensies nie, want vandag se tyd kan almal moes als koop! Dit is n moordwapen in onopgeleide mense se hande, want hul ken nie die padreels nie en daarom onmoontlik om dit toe te pas!! In… Lees meer »
Geen wetstoepassing . Dis die rede
Goeie skrywe, Langtoon.
Mens hoor nie van beseerdes wat dikwels lang tye in hospitale moet deur bring nie. Die arme nooddienste personeel wat met hierdie grusame ongelukstonele moet werk. Die effek kring baie wyd uit en raak baie families. Dit raak ook mense wat hiervan kennis neem. Dit maak my angstig om die langpad te vat.