20 sterf in twee ongelukke

Argieffoto: Verskaf

Die dodetal in die gru-ongeluk in Mpumalanga kan na verwagting nog styg.

Teen laat gisteraand het Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsie se departement van veiligheid, bevestig 14 mense het hul lewe verloor in die botsing tussen twee vragmotors, ʼn 22-sitplekbussie en ʼn passasiersmotor op die N4-tolpad tussen Mbombela en Malelane.

Hy het aan News24.com gesê reddingsbeamptes was nog besig om deur die wrakstukke op die ongelukstoneel by Matsulu te gaan en kon moontlik op nog liggame afkom.

Die oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word.

In ʼn afsonderlike ongeluk omstreeks 19:00 Vrydag is ses mense dood in ʼn trompop botsing tussen twee voertuie op die N1 by Modimolle. Drie mense is ernstig beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Knapie ·

Ek weet nou nie so mooi nie, maar die berig herhinner my baie aan dieselfde berig laasweek: vragmotor, 22 sitplekbussie, passasiersmotor, Mabuza, 14 oorledenes… Is dié ‘n nuwe voorval?

pb ·

Baie binnekort gaan die boodskappe instroom oor “hulle” en “taxis” en “paaie”…maar wat doen ons daaraan? Ons moet daadwerklik optree. Ek reis gereeld op die N1 vanaf die noorde na Pta…en maak nou n punt daarvan om veral die busse te rapporteer wat spoedgrense oorskry. Ons moet saamstaan deur een of ander aksie te loods om ons oaaie te beveilig…Nou!!

Langtoon ·

Skrikwekkend!!
Stel vas wie het gekoopte/gekookte lisensies en wie het die ondenkbare braafheid om onwettig op die paaie rond te slinger…!!
Van die gevaatlikste paaie is: Die N4 vanaf Pumulani na Rustenburg, daar waar die dubbelpad, een word!! Die omstrede Molottopad , wat treine sou kry ens. ens!
Die N1 en N3, daar waar hulle elkeen een pad word!
Baie padgebruikers, het nie wettige lisensies nie, want vandag se tyd kan almal moes als koop!
Dit is n moordwapen in onopgeleide mense se hande, want hul ken nie die padreels nie en daarom onmoontlik om dit toe te pas!!
In 2 naweke is daar 46 mense dood in 3 verskriklike groot botsings!
Dink net ná so n ongeluk hoeveel mense se lewe nie drasties verander nie!! Ek huil in my hart!??
Watter pogings gaan die Dept van Vervoer probeer uitdink , behalwe n klomp duurgedrukte plakkate met iemand se foto op en n niksseggende vermaning!
Skrik wakker, botsings is nie net pyn en fisiese lyding nie, dit strek baie verder met n geweldige uitkringeffek!
Solank die paaie se toestand swak is en korrupte amptenare ons verkeer beman , en bestuurders sonder wettige lisensies -en onpadwaardige karre die paaie deurkruis sal die euwel net aangaan….!
Weet nie hoe leef jy met jouself saam as jy weet jy is onwettig agter n stuur van n moordtuig…!
Hierdie oneffektiewe departement van Vervoer moet wakker word, tans niks werd nie!
Dink aan die speaker vd parlement se vervalste lisensie!?? en daars nog vele meer…!

RHG ·

Goeie skrywe, Langtoon.
Mens hoor nie van beseerdes wat dikwels lang tye in hospitale moet deur bring nie. Die arme nooddienste personeel wat met hierdie grusame ongelukstonele moet werk. Die effek kring baie wyd uit en raak baie families. Dit raak ook mense wat hiervan kennis neem. Dit maak my angstig om die langpad te vat.

Gesiggie ·

Soveel lewens … weereens deur spoed of nalatigheid… soveel ongelukke het al op die pad gebeur. Dit is my grootste vrees elke keer as ek die pad ry?? want die steenkool trokke jaag verby en Overtake as ek dit so mag stel, al sien hul dat dit nie veilig is, en stel dan ander mense se lewens in gevaar?? hul steur hul maar net nie aan die spoedgrens? My innige meegevoel aan elke Familie wat n geliefde verloor het…. weens hierdie spoed vrate”’my senuwees is klaar as ek daai pad ry”’ rig kameras op langs pad?? as dit sal werk…

Piet Pompies ·

Ons gesin het gister aand op die N4 gery vanaf Nelspruit rigting Wes. Die pad was ontsettend besig in ‘n Oostelike rigting. Opvallend was die afwesigheid van verkeersbeamptes, swaar voertuie wat langs mekaar ry op ‘n dubbel weg en die verkeer ophou, wrakke met foutiewe ligte wat teen 60km in ‘n 120km sone ry.

Sarel Strydom ·

Waar is die jare toe Hoofroetes gereeld deur Provinsiale Verkeersbeamptes gepatroleer was en oor Spits vakansietye was die Helekopter ook ingespan. daardie man in die Helekopter kon selfs sien indien die bande glad is. Korrupsie en Poltiekery?? Nou wil die geagte minister die fout op anfer plekke gaan soek.

leser ·

@piet pompies
ek praat geen spoed goed nie, nog minder ongelisensieerde voertuie, ongelisensieerde bestuurders, nie padwaardige voertuie, spoedvrate, roekelose bestuurders, ens, ens
ons wetgewing bepaal jy moet net nie vinniger as 120 kmpu op die snelweg ry nie, so enigiets van 0 – 120 is toelaatbaar
indien die spoed weer soos vroer aangedui word, minimum 60 kmpu, of wat van toepassing sal wees op die pad, sal jy die trok, taxi, wat ook al kry wat of aspris stadig sal ry, of wat nie ‘n ordentlike aanvaarde spoed kan ry nie, is hulle net daar om mense se lewens te versuuur
verkeers amptenare wag net vir die een wat hy kan aftrek en ‘n bribe kan kry, hulle doen nie hulle “regte” werk nie
so tot tyd en wyl verkeers beamptes nie hul werk gaan doen nie, sal ons die slagting op ons paaie kry
inligtings borde langs die pad vir spoed, verbysteek, ens, is nie daar nie

Piet Pompies ·

Die padreel is spesifiek, pas jou spoed aan by die gemiddelde spoed van ander voertuie ten einde verkeer te laat vloei. As ‘n roete 800 voertuie per uur dra en die gemiddelde spoed is 110km dan is die outjie wat 60km kruie buite orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.