‘20% van hoërskoolleerders het al eie lewe probeer neem’

Argieffoto: www.planoallergydoctor.com

Byna een uit elke 10 tienersterftes in Suid-Afrika elke jaar is die gevolg van selfmoord, het die Psychiatry Management Group (PsychMG) Dinsdag gesê.

Volgens PsychMG het ʼn skrikwekkende 20% van hoërskoolleerders al probeer om hul eie lewe te neem.

Vandag is Wêreld Geestesgesondheidsdag en met die oog hierop het PsychMG dié skokkende statistiek bekendgemaak. Dr Sebolelo Seape, voorsitter van PsychMG, meen die voorkoming van tienerselfmoord begin by beter begrip rakende die simptome van depressie.

“Die meeste mense met depressie het nie selfmoordneigings nie, maar die meeste persone met selfmoordneigings is depressief,” het Seape gesê. Volgens PsychMG kan baie van hierdie tragedies vermy word indien mense rondom die slagoffers die waarskuwingstekens en risikofaktore waargeneem en selfmoorddreigemente ernstig opgeneem het.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is depressie wêreldwyd die derde grootste siekte onder adolessente en is selfmoord die tweede grootste oorsaak van dood onder 15‑ tot 29‑jariges. Die Suid-Afrikaanse Depressie‑ en Angsgroep (Sadag) sê 9% van tienersterftes in die land is weens selfmoord.

PsychMG sê op sy beurt ʼn opname wat in 2011 onder jeugdiges gedoen is, het bevind ʼn kwart van leerders in graad 8 tot graad 11 in al die Suid-Afrika se provinsies voel só hartseer of hopeloos dat hulle vir twee weke of meer nie met hul daaglikse roetine kon voortgaan nie. Meer as een uit elke ses van die leerders het al in die voorafgaande ses maande aan selfmoord gedink, het planne gemaak om selfmoord te pleeg of het probeer om hul eie lewe te neem.

“Dit dui daarop dat ʼn groot gedeelte van tieners gebuk gaan onder geestes- en emosionele gesondheidsprobleme. Die jeug is die toekoms van ons land en ons moet nou optree om verwoestende gevolge van hulle wat hoop vir die toekoms verloor, te voorkom,” het Seape gesê.

Die organisasie het gesê depressie en ander geestesgesondheidsafwykings het ʼn ernstige impak op ʼn individu se vermoë om te funksioneer en normale aktiwiteite uit te voer. Die WGO sê op sy beurt daar is bewyse dat die ondersteuning en beskerming van tienergesondheid langtermynvoordele vir die samelewing en die ekonomie inhou.

“Gesonde jong volwassenes kan ʼn groter bydrae tot die werksmag lewer, asook tot hul families en gemeenskappe en die samelewing as ʼn geheel,” het die organisasie gesê.

Seape het gesê daar is verskeie oorsake vir depressie en verwante kwale onder tiener en jong volwassenes.

“Daar is die stresvolle aard van die tienerjare – vir baie tieners kan normale ontwikkelingsveranderinge in hierdie jare, soos liggaamlike veranderinge, nuwe gedagtepatrone en nuwe gevoelens oorweldigend en ontstellend wees,” het sy gesê.

“Daar is ook samelewingsdruk soos verandering van skool, die druk van eksamens, die vooruitsig om die huis te verlaat om te gaan studeer of te gaan werk, familiekwessies, veranderinge in vriendekringe en die druk om te presteer.

“Probleme lyk soms te groot, te moeilik of te vernederend om op te los en vir sommige lyk selfmoord na die enigste uitweg.”

Seape sê waarskuwingstekens en simptome kan onder meer veranderinge in eet- en slaappatrone insluit, verminderde belangstelling in normale aktiwiteite, afskeep van persoonlike voorkoms of higiëne, onttrekking van vriende en familie of weghardloop van die huis af.

Nog tekens is alkohol- of dwelmmisbruik, onnodige riskante gedrag, ʼn obsessie met die dood of om dood te gaan en talle klagtes oor liggaamlike kwessies wat met emosionele ongesteldheid verband hou. Ouers en voogde moet ook ag slaan op gevoelens van verveeldheid, onsteltenis, senuweeagtigheid, hartseer, eensaamheid en hopeloosheid.

“Sommige tieners kan selfs verbale leidrade gee deur direk of indirek oor die dood te praat– hulle kan dalk sê hulle wil doodgaan of kan van geliefde besittings ontslae raak of ʼn selfdoodbrief skryf. Alle dreigemente van selfmoord móét ernstig opgeneem word,” het Seape gewaarsku.

Sy het gesê selfmoorde gebeur selde sonder enige waarskuwing en om te leer hoe om hierdie tekens waar te neem en te herken is die doeltreffendste manier om selfmoorde te voorkom.

Die organisasie sê ouers, onderwysers en vriende wat bekommerd is oor ʼn tiener met selfmoordneigings, moet gewillig wees om sonder enige oordeel te luister, die kind te verseker dat hulle omgee en om vrae te vra oor selfmoordgedagtes.

“Moenie met hulle probeer stry nie en vermy stellings wat skuldgevoelens veroorsaak soos ‘selfmoord sal jou familie seermaak’. Laat hulle eerder verstaan dat jy omgee en dat jy verstaan, dat hulle nie alleen is nie en dat probleme en gedagtes van selfmoord tydelik is –depressie kan behandel word en probleme kan opgelos word,” het Seape gesê.

“Sodra die toestand geïdentifiseer is, bied voortdurende ondersteuning en tree beslissend op soos om vir die persoon voorgeskrewe medikasie en/of berading te kry.”

Seape het ook gewys op die rol van ouers en onderwysers om kinders se verstandelike en emosionele aanpasbaarheid te ontwikkel – die vermoë om alledaagse uitdagings te hanteer en teleurstellings en mislukkings as ʼn normale deel van die lewe te aanvaar.

Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Skakel hulle by 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

John ·

Geld wat na emosionele probleme gegooi word, bring nie ‘n oplossing nie. Die ANC en die aktiveeder, Zuma, het hierdie konsep gekoester: Gee gratis… maar gee ~ net meer sal die ding doen. Zuma het geld versamel om sy minderwaardige bestuursvernuf te kamofleer… wat niks gehelp het nie want etiek was missing. Om leerders te gratis-alles met ‘n blink apple in elke sak, doen ook nie die ding nie… Nou moet die nagraadse-geen-vooruitsigte ook ge-bling bly as opvolgsorg. Is dit die’ dat die staat so naarstiglik sypaadjies bou? Vir voorsettende keiserskap?

1+1 ·

Kan die gebruikers van Maroela Media miskien weet wat die rasse samestelling van die 20% leerlinge is. Dit sal die berig baie meer sinvol maak, veral vir gekwalifiseerde terapeute wat graag sal wil help.

Pieter ·

Dis skrikwekkend om te sien dat dit so n groot probleem is. Ek kan glo dat 20% al gedink het aan selfmoord maar dat 20% dit al probeer doen het is moelik om te glo.

**anoniem** ·

Ek persoonlik dink nog ‘n groot rolspeler in tiener depressie is verseker die feit dat kinders geboelie word. Dit laat hulle ook voel asof hulle nie hoort in die samelewing nie. Dit is verskriklik hartseer.

Wendy ·

Ons het n selfmoord gehad in ons skool net voor die Oktober vakansie. My hart was i.ln twee stukke geskeer gewees. Geen ouer of kind moet dit deur gaan nie! Daar is baie druk op ons kinders. Skool werk, groep druk en daar is ook ander probleme. Hoekom is daar nie liewer n sielkundige op elke skool grond om die kinders te help nie. Ons skole is oorvol, en dan word daar so baie verwag van ons kinders ook. Vriende en vriendinne het ook n groot impak op n kind se lewe by die skool. Kinders moet veilig voel, gelukkig wees en hulp kry as dinge skeef loop. Kinders praat nie altyd met hul ouers oor alles nie.

Jo ·

Meeste skole het n sielkundige om te kan gaan sien, die verwagting van kinders begin by die huis. Ook so met elke deelnemer kry n trofee, en dan kry hul n misluking en word depresief daaroor.

Vicky Alberts ·

Wat beteken BYNA 1 uit 10….is daar dan n getal minder as 1?

J ·

Die getal is dan vanselfsprekend nie n volle getal nie. 0,94 pleeg selfmoord, getalle werk nie so nie. Net soos wat jy nie 2.4 kinders kan kry nie, maar wel 2.

Jakalas ·

Ek was daar gewees toe ek ‘n kind was. Darm het my poogings nooit geslaag nie en ek is verby daai fase van my lewe.

DankieANC ·

Wil tog net dankie sê aan die ANC vir hulle bydraes om die Afrikanertieners waardeloos te laat voel. Omgekeerde rassisme asook onsekerheid oor die toekoms in ons land (tesame met onbillike keuring op grond van velkleur); is ‘n groot rede onder veral die seuns, maar ook meisies. Solidariteit en Afriforum: spreek hierdie onbillike werks- en keuringspraktyke NOU aan! Staan ouers by in hulle sake, ondersoek dit onafhanklik. Voor ons as die ‘verlore Boere-generasie’ bekendstaan oor ‘n paar jaar van nou. Ek pleit by julle…

Regtig? ·

Slaap ons as ouers, is ons regtig so naief? Dit het niks met politiek of die een party of die ander te doen nie. Ons doen nie wat Jesus vir ons gese het om te doen nie, lees en wys een paragraaf in die Bybel, die lewendige woord waar God se jy moet skool toe gaan? Hy se daar is net een teacher en dis Hy self, Sy woorde let no man teach you! Praat oor my van jy opstaan, tot jy uitgaan waar jy stap tot jy gaan slaap, Sy woorde! Hy se Hy provide vir jou! Beteken dit ons moet ons kinders niks leer nie, nee, jy leer hulle lees en skryf en die woord van God hoe om in Sy orde te wees, Deuteronomy 28, gaan lees dit, volg Sy commands en Hy sal voorsien. Ons is in die werkplek om mense vir Jesus te kry, nie ‘n salaris te verdien nie. Ons jaag ons kinders vir groter en beter salarisse om tog net vir jouself te kan voorsien en sorg en druk hulle van kleins af net vir kompetisie en leer met goed wat hulle nooit gaan gebruik nie. 2 Selfmoorde die laaste 2 maande een in Stellenbosch en direk daarna in Somerset Wes – 12 jariges!! Regtig, was hulle gedagtes by politiek of rassegoed? Nee, hulle het nie geweet hoe om God te ken soos Hy wil he ons Hom moet ken nie, begin selfondersoek doen oor wat ons as ouers ons kinders leer!

@Regtig? ·

Ken jy die feite van die twee selfmoorde??? Die BYBEL SÊ OOK MOENIE OORDEEL NIE. Jy mnr/mev/mej of wat okal oordeel! Ek was n 12 jarige wat wou selfmoord pleeg. Ekt die Here se woord geken. Dit was nie groepsdruk nie! Dit was huislike omstandighede! Ekt as 7jarige kanker gehad. My broers was werkloos (Thanks BBEE) en dit het gevoel asof ek n las is op my ouers. My oupa en ouma het ook by ons gewoon. Hulle was oor die 90. My oupa het my in die hangkas met my pa se rewolwer gekry. Asgevolg van die geweld in die land het my pa my geleer skiet. Ek wou targets skiet op my self oefen. En my ouers verlos van hul 5de kind. Wat n laatlam of pensioen etertjie genoem is. My oupa het my oortuig dat ek bietjie moet dink daaroor. En toe met my ma-hulle gaan praat. Ekt skielik minder dokters gehad (been dr was weg.) As 12/13 jarige meisie kan ek net sê dankie tog. Want hy was krities op my lyf. My pa het ok minder met my geraas oor my loop en handskrif.
Lekker dag vir jou.

AW ·

Dysfunctional Families and Household’s is a inconvenient reality within SA.

Hartseer ·

Ek het my seun so verloor . Om te se kyk na tekens ens is maklik maar gewoonlik besef mens eers agterna dat dit tekens was.
On vingers te wys help nie, trust me as ouer doen jy dit elke dag

Diefie ·

Daar word te veel druk op kinders geplaas deur die skool, veral as sport die hoof aantrekkings krag is. So ook te veel huis werk.
Die ouers sit te veel druk op die kinders om te presteer in alles. Sit en kyk te veel TV programme wat moord en selfmoord uitbeeld, waar die person gered word.
Kinders besef nie dat in die werklikheid werk dit nie uit nie.
Boelie by skool en huis.
Groeps druk.

Mrs H ·

Voor tegnologie, het ons vir die posman gewag. In die tyd wat ons vir die posman gewag het, het dit ond tydjies gegun om kwaliteit tyd met gesin en famillie te spandeer, en om oor meer te gesels of deur die gesels te jaag om by die volgende prioriteite en verantwoordelikhede uit te kom. Ons kon nog n potjie skaak speel of krieket op die grasperk voor die son onder gaan. Selfs almal om die blok op ons fietse gaan ry, nie net een keer n jaar gedurende n skool vakansie, met n probeerslag nie, maar as n gereelde roetiene. Hierdie tye het wondere gedoen in n mens se ontwikkeling, kommunikasie vermoeë, mense kennis, kultuur en verhoudinge…. Vandag is daar nie n posman. Alles gebeur die heeltyd opmekaar en aanhoudend. Veiligheid is n probleem. Dit affekteer almal negatief vandag.

Enkel ouer ·

Hi daar
Ek is ‘n mamma alleen met 2 seuntjies, en altwee my seuns het emosionele probleme, een is 6 en die ander een 9 jaar oud. En finansies is nie altyd beskikbaar om allerhande depressie toetse en emosionele toetse te doen nie. Dit was vir my ‘n groot skok dat ek die simptome raaksien maar finansies laat nie die ondersoek of die medikasies wat so duur is toe nie. Dit sal fantasties wees as daar meer hulp kan wees vir enkel ouers dat ons ook na ons kinders kan omsien wat sukkel met depressieof enige ander emosionele probleme. Ons Godsdiens is baie sterk, en gee alles oor aan ond liewe vader, dis net ‘n jammer dat die samelewing moelik is om by te bly vir die kinders.

TP ·

Dis met hartseer en teleurstelling dat ek sommige van die kommentare lees. My dogter het voor haar 13 verjaarsdag 2 keer probeer selfmoord pleeg, en haar redes is legio. Voor die pogings was sy vir 2 jaar in terapie, maar sy het selfs met terapie en medikasie besluit om te probeer. As jy nie in dieselfde bootjie is/was nie – moet asb nie vir my as ouer wat elke dag met tiener-depressie moet saamleef se dat ek nie ‘oplettend’ genoeg is nie. Kom loop eendag in my en my dogter se skoene…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.