200 000 liter diesel in Durban gemors

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pyplyn tussen Durban en Johannesburg het in ʼn gegoede meenthuiskompleks in Durban gebars en meer as 200 000 liter diesel het uitgelek, het die Daily News Woensdag berig.

Volgens die koerant het die pyp Dinsdagoggend vroeg in die Greenvale Village-kompleks gebars. Die pyplyn is afgesluit.

Saret Knoetze, woordvoerder van Transnet Pipelines, het aan die koerant gesê ʼn herstelspan en omgewingsimpakspan is reeds uitgestuur.

Die waarde van die brandstof wat verlore gegaan het word beraam op R2.4 miljoen en dit sal ook miljoene kos om die gemors op te ruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.