200 000 onwettige DVD’s vernietig

Die DVD’s word vernietig. (Foto: SAPD)

Die polisie het in samewerking met Rolprent-en-publikasieraad (FPB) Vrydag meer as 200 000 onwettige DVD’s in Clayville in Johannesburg vernietig.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê daar is tydens die “Okae Molao”-bedrywighede in die Goudstad op hierdie DVD’s beslag gelê. Die geraamde waarde van die DVD’s wat vernietig is, is meer as R2 miljoen.

“Die meeste van hierdie DVD’s bevat pornografiese materiaal wat op straathoeke en by taxi-staanplekke verkoop is en derhalwe die gevaar inhou dat kinders aan skadelike beeldmateriaal blootgestel kan word. Die DVD’s word vernietig om te voorkom dat die goedere waarop daar beslag gelê word hul pad weer terugvind na die swartmark,” sê Dlamini.

Dr. Maria Matebang, waarnemende uitvoerende hoof van die FPB, het gesê die toeslaan op onwettige handel dra by tot die verbreking van ʼn ketting van kriminaliteit, en ondersteun terselfdertyd plaaslike inhoudskeppers deur te verseker dat hul inkomste nie verlore gaan weens die onwettige reprodusering van inhoud nie.

“Die SAPD en ander wetstoepassingsagentskappe sal voortgaan om die strate van Gauteng skoon te maak en sal toeslaan op alle afsetpunte wat sake doen by taxi-staanplekke, straatverkopers en internetkafees,” het lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Valerie ·

Alles goed en wel, maar wat van die “miljoene” sogenaamde “memory sticks” wat ook deesade verkoop word, sommer so met 20 films op?

Cherokee ·

Rip Van Winkle is an amiable farmer who wanders into the Catskill Mountains, where he comes upon a group of dwarfs playing ninepins. Rip accepts their offer of a drink of liquor and promptly falls asleep. When he awakens, 20 years later, he is an old man with a long white beard; the dwarfs are nowhere in sight. When Rip returns to town, he finds that everything is changed: his wife is dead, his children are grown, and George Washington’s portrait hangs in place of King George III’s. The old man entertains the townspeople with tales of the old days and of his encounter with the little men in the mountains.

Johan Swart ·

Wat van die porno wat kindertjies kyk op hul selfone ….elke huis het deesdae wifi …maar die ouers is te lui om poliesman te speel ….internet is vrot van dit…niemand blok dit op die selfone nie….almal is tog te dankbaar die kinders is onder hulle voete uit…..geen wonder ons kweek n samelewing van emosielose, respeklose jeug….hulle is al reeds vrot.

Lientjie ·

Johan kom ek vertel jou gou n geheim… Grootmense kyk ook na die pornografiese gemors en nie net kinders nie. Kry asb jou feite agtermekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.