200 000 verkeersboetes binne 3 maande in Pta

Tshwane-metropolisie. (Argieffoto)

Die Tshwane-metropolisie het Woensdag gesê hy verskerp padveiligheidsveldtogte in Pretoria, aangesien statistiek die afgelope paar maande “ʼn toppunt in wetteloosheid deur motoriste” onthul het.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, het gesê meer as 200 000 verkeersboetes is tussen November en Januarie uitgereik, hoofsaaklik vir die verontagsaming van padtekens, onpadwaardige voertuie, persone wat sonder rybewyse bestuur, persone wat nie veiligheidsgordels dra nie en persone wat onbedagsaam bestuur.

Hy het bygevoeg spoedoortredings en dronkbestuur bly een van die grootste probleme vir die metropolisie in die stad.

“Altesaam 75 588 boetes is in November 2019 uitgereik en 95 persone is in hegtenis geneem. Altesaam 145 persone is in Desember 2019 in Tshwane in hegtenis geneem, waaronder 83 vir dronkbestuur met 25 inhegtenisnemings in Centurion. Een persoon is in hegtenis geneem toe hy teen 225 km/h op die N4 gery het in ʼn 120 km/h-sone.”

Die TMPD het in Januarie 51 121 boetes uitgereik en 78 persone is in hegtenis geneem, onder andere vir spoedoortredings en dronkbestuur.

“Die meeste oortredings is in Pretoria se middestad, Sunnyside, Mamelodi, Soshanguve, Hammanskraal, Pretoria-Noord en Centurion aangemeld. Alhoewel die probleem die hele Tshwane raak, sal die stad sy padveiligheidsveldtogte in die gebiede opskerp waar die meeste oortredings plaasvind,” het Mahamba bygevoeg.

“Die doel is om die publiek op te lei oor die belangrikheid om ag te slaan op padreëls en om bewusmaking te skep en sodoende padongelukke en padsterftes te verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhard ·

Elke oggend , vir die laaste 4jaar in centurion , oppad skool toe , ry die taxis op die skouer op die grond , druk in voor voertuie , ry teen aankomende verkeer op , ry oor rooi robotte , is roekeloos en aggresief op die pad … en dis elke oggend se storie is die hele boonste artikel oor verkeer n reklame foefie . Ek sien nie n verskil nie … askies ek sien dit net eenvoudig nie . Waars al daai metro ?

Pampoen ·

Ek het die idee gekry dat die metro polisie versigtig is vir die taxis. Die taxis word duidelik toegelaat om te ry soos hulle wil. Ek moet darem noem dat ek hulle inisiatief steun.

SomeOne ·

@gerhard, ek het 2 jaar lank by ons wyks raadslede gekla, metro is ook by die swak bestuurs houdings van veral taxis betrek
fotos, videos is ingestuur, en tot vandag is daar niks aan die verkeers reels ongehoorsame ‘mense” gedoen nie
ek het moed opgegee want telkemale is die vergaderings met metro topbestuur net eenvoudig ge-ignoreer

Cherokee ·

Dit maak geen sin dat ‘n motoris beboet kan word vir sonder ‘n veiligheidsgordels ry nie. Ek skep nie ‘n debat oor die voor en nadele daarvan nie. Ek betwis nie die veiligheid daarvan nie, maar betwis die owerhede se reg om dit as ‘n wetsoortreding te beskou. Die motoris se liggaam behoort aan hom of haar en nie aan die munisipaliteit om so ‘n persoon te beboet vir eie liggaam in gevaar te stel nie. Natuurlik is dit ‘n oortreding om klein kinders nie vas te gordel nie, maar self? Daaroor moet die motoris besluit. Ek gebruik wel sitplekgordels. Dit verander steeds nie my redenasie nie.

Jan ·

Stem 100% saam jou Cherokee. Ek ry elke dag die afgelope 3 maande n hoof pad(Malibongwe rylaan verby Cosmo city) waar 3 verkeersligte stukkend is. Die verkeer hoop op vir meer as n kilometer elke dag, maar die Metro polisie sal mense uit die stilstaande verkeer uit trek omdat hulle nie veiligheidsgordels dra nie, in plaas daarvan om eerder die verkeer te reguleer by die stukkende robotte…….metro is omtrent eksklusief ingestel om n bron van inkomste te wees (met teikens per dag) eerder as om verkeersveiligheid te bevorder en verkeer beheer toe te pas.

Hannelie ·

Kom nou Cherokee. Ons almal weet die dra van sitplekgordels verminder die kanse van noodlottige beserings gedurende n ongeluk. Die staat weet dit sekerlik ook? Padsterftes kos die staat jaarliks miljarde.

Cherokee ·

Hannelie, ek hoor wat jy sê met betrekking tot die kostes van padsterftes. Dat ek jou hoor beteken nie noodwendig dat ek saamstem nie. Die regering publiseer somtyds die syfers waarna jy verwys. Nou moet jy asseblief vir ons vertel watter kostes daaraan die regering tref. Hannelie, wanneer syfers verstrek word hoeveel geld padsterftes die regering kos, dan word syfers in berekening gebring hoeveel inkomstebelasting, koopbelasting, petrol-heffings, vermaaklikheidsbelasting ens. nou ingedoen word omdat betrokke persoon dit nie meer kan betaal nie. Die karre wat afgeskryf word is versekerings-verliese. Begrafniskoste is op die nek van familielede. Wat op aarde het dit die regering gekos? Bloot ‘n verlies van toekomstige belasting wat van die betrokkenes verhaal sou kon word. Ek stem 100% met jou eerste sin saam, maar nie wat jy in opvolg daarvan sê nie. Ek hoor graag as jy verskil met wat ek sê.

henndrik ·

Moet se, al die jare wat ek in Centurion bly het ek een middag ‘n verkeers polisie persoon gesien by ‘n stopstraat. Die enigste ander kere wat ek hulle gesien het het hulle oor rooi verkeersligte gery soos al die ander motoriste.

DieKriek ·

Ek sien nog steeds net verkeerspolisie agter die bosse wegkruip en maklike teikens stop. Die verbysteek oor sperstrepe en ander roekelose aksies gaan rustig voort. 200 000 boetes? Gmfff!

Anel ·

Moet net nie as vrou alleen by hulle verby ry nie. Ek word gereeld af getrek. Vir geen rede. En is hulle ongeskik! My familie het nou vir my ‘n “dash cam” in my motor gesit. Want dit gaan glo nou wet word dat indien jy vir verkeersoortreding af getrek word, jy skuldig is totdat jy kan bewys jy is onskuldig. Iets wat nie in die mesia versprei word nie. En wie gaan die meeste lei? Defnitief nie die taxis nie.

Boertjie ·

Bo en behalwe die boetes is ek bewus van ‘n paar keer wat beamptes hulleself persoonlik verryk het uit padblokkades. (Darem nog nie self deel gewees van die sogenaamde “pay and you go” groepie nie…) Ons moet net nooit dat ABI uitvind hoe duur daai botteltjies koeldrank van hulle werklik is nie, ne?

Leonie ·

Wonder hoe waar dit is. Ons sien hulle omtrent nooit in Centurion area nie. As dit wel so is, welgedaan. Dalk moet EMPD bietjie dan by hulle leer want hulle maak U-turns en al voor voertuie in want hulle mag mos. Niemand in Kempton Park stop meer by stopstrate en rooi verkeersligte nie. Jy bid elke oggend dat iemand nie jou kar se boude wegry nie. Jy sien NOOIT metro beamptes nie. Ek wil ook graag daar werk want lyk my jy gaan kantoor toe in die oggende en doen vir die res van die dag niks nie.

Marie ·

So gaan daar môre weer ‘n padblokade in Midde stad toe wees by die tronk. Verlede Vrydag in dit gesit vir meer as ‘n uur en ‘n half, net om voor te kom waar die polisie lede (‘n stuk of 10) op die reeling langs die pad sit, en dan vir my man sê “Steek hom” omdat hy toe stadig ry. Niks gekyk of ons bakkie op die pad is, of my man ‘n geldige lisensie het nie, niks. Net ons tyd GEMORS en gemaak dat ons laat is vir werk.

Leon ·

Ek neem aan geen taxis busse of vragmotors was beboet nie. Hulle is mos bo die wet verhef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.