200 000 wou polisiebeamptes wees

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Slegs 4 500 uit die meer as 200 000 persone wat aansoek gedoen het vir poste van polisiebeamptes, het die finale keuringsfase gehaal, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Sondag gesê.

“Altesaam 4 500 voornemende kandidate het landswyd by 10 akademies aangemeld om aan ʼn finale keuringsfase deel te neem voordat hulle oorweeg kan word as rekrute,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Meer as 200 000 aansoeke is ontvang na omvattende bemarkingsveldtogte om die 3 800 beskikbare poste te adverteer. Applikante wat aan die basiese vereistes voldoen het, het ook psigometriese en fisiese fiksheidstoetse ondergaan.

“Die SAPD volg ʼn streng keuringsproses om seker te maak dat slegs die beste kandidate gekies word om as polisiebeamptes te dien,” het Makgale bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rudie Thirion ·

“Slegs 4 500 uit die meer as 200 000 persone wat aansoek gedoen het vir poste van polisieoffisiers…” Afgryslike taalfout. In die eerste plek is die meervoud van “offisier” “offisiere” en nie “offisiers” nie. In die tweede plek is ‘n offisier ‘n offisier. Nie alle polisiebeamptes word offisiere nie. Dit gebeur na harde werk en bevordering. Konstabels, sersante en adjudantoffisiere is nie offisiere nie. Die woord moes wees “polisiebeamptes” soos in die opskrif. Ek vermoed die fout kom van ‘n lui vertaling van “police officers”.

Neptunus ·

Heeltemal reg Rudie, ek moet net byvoeg, party lede word na bevordering offisiere, sonder dat meriete of harde werk enige rol speel. Jou hare sal rys as jy weet hoe dit in die SAPD gaan. As mens ervaar hoe slapgat of vyandig meeste lede deesdae is, wonder jy hoe vrot die ouens moes wees wat nie hierdie sifting geslaag het nie…

Kaptein Steyn ·

‘n Dubbel Whiskey vir jou, en verder handhaaf ek my swygreg ☺

boer ·

Doen n “back ground check” op die 4500 wat gekeur is dan kan julle moontlik die getal met nog 50% sny.

Akram ·

Ek syem saam met jou Boer. die volgende keer moet dit dalk bietjie beter gereel word. kry die uistaande lasbriewe en doen n check op die nuwe aansoekers, dalk kan n paar sake opgelos word. maar 4500 is regtig min, hoeveel gaan die opleiding voltooi? die land het regtig goed opgeleide lede nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.