200 boerbokke ’n raaisel

Boerbokke (Argieffoto ter illustrasie) Foto: boergoats.co.za

Boerbokke (Argieffoto ter illustrasie) Foto: boergoats.co.za

Die polisie is op soek na die eienaar van nagenoeg 200 boerbokke wat op raaiselagtige wyse op ʼn plaas naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap verskyn het.

ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê hulle het “uitgebreid navraag gedoen” om vas te stel wie die eienaar van die 197 boerbokke is, maar niemand weet blykbaar aan wie hulle behoort nie. Daar is ook geen identifiseerbare merke op enige van die vyf ramme, 138 ooie en 54 lammetjies nie.

Die eienaar van die plaas het een oggend op sy plaas op die bokke afgekom en dadelik die polisie in kennis gestel.

Volgens die polisie se veediefstaleenheid het niemand die bokke as gesteel aangemeld nie. Die moontlikheid dat die bokke vanaf ander provinsies tot op die plaas gedwaal het, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Andre

Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het, die berig is gewysig.

Groete
Landi nms Maroela Media

Chris W ·

Dis nou ‘n slim plan om ‘n boer se grond te beset.Laat net jou vee sy grond oorvat en le laag!As ek daai boer was het ek hulle op hok gesit tot die eienaar hulle kom haal al vrek daar van hulle .Dis immers nie sy probleem nie.

Berhalet Beukes ·

Sjoe…Dis onskuldige diere, dit sou onmenslik wees om hulle net te laat vrek. Al sou dit ‘n geval van “besetting” van grond wees is dit nietemin nie die diere se skuld dat hul daar gelos is nie. Wat as ‘n desperate boer nie sy bokke van hongersnood wou laat vrek nie (talle plekke ervaar immers huidiglik droogte) en dit eerder êrens afgelaai het wat gepas lyk? So kan mens alle kante toe spekuleer. Ons weet nie wat die storie is nie.

F ·

Ja nee. Ek wil nog die bokooi sien wat ‘n kalf lam. Verder wonder ek of die polisie weet hoe ver die naaste provinsie van Beaufort af is. Bokke dwaal nie so ver rond nie.

Bloues ·

Die bokke het nie identifiseerbare merke. So gee hulle jou eie merk aan die oortjies en siedaar, dis joune.
Stadmense sal nou miskien nie weet nie, maar n jong bok se boud is darem maar lekker as jy hom bietjie stop en soos skaapboud gaarmaak. Hoe water my mond nou!

NEL ·

F , dit kan ‘n winsgewende besigheid raak as bokke kalwers begin gooi. Dit behoort darem te help dat rooivleis nie te duur wrd nie…………….

Cillier ·

Daar is ‘n Engelse uitdrukking wat lui: “Finders keepers.” Nou ja…

Dee ·

Die boer het nie die skape gefind nie. Hulle het die plaas gefind. En… finders keepers!

Gesiggie ·

Ag a sjaim…. maybe het die bokke groenner weivelde gesoek….. maybe is die gras wat hul eet aan die ander kant te droog….. Ek sou hul los om te wei…. as die eienaar nie opdaag… beskou dit as jou Bokke ”’

Anny Penny ·

Sien julle daar is baie eerbare boere wat dadelik sê dis nie hulle s’n nie. ‘n Medalje vir julle almal!

Dee ·

Wat sou gebeur het as 3 boere gesê het dat dit hulle s’n is?

Jan maak n Plan ·

Daai bokke is erens gesteel en is deur die diewe deur die nag daar afgelaai. Hulle sou die goed dan weer kom oplaai en verder vat, maar die boer weet wat op sy plaas aangaan. Ek dink hy moet hulle merk en na twee weke as niemand hulle wettiglik kom opeis nie, verkoop. Soek net een mooi kappatertjie uit om te slag. Hulle is lekkerder as karoo skaap.

Winston ·

As jy met bokke boer. As jy klaar die draad gekamp het(doring draad, staaldraad en sifdraad) gooi n emmer water teen die draad. As die water deurval, dan klim n bok ook nog deur. Daai bokke loop laaankal rond.

Gert ·

Grappie: Drie boere loop op die plaas en kyk na die skape. Een sê “dit sou nogal snaaks gewees het as hier ‘n blou skaap was”. Toe lag hulle, want dit sou nogal snaaks gewees het!

François ·

F, jy ken duidelik nie ‘ n boerbok se rondloop streke nie. Jan maak ‘n Plan, jy moet eers ‘n rammetjie kapater. Hy kom nie so aan nie. En wéét jy hoé proe ‘n regte Karoo – lam? Ek glo nie.

F ·

Dit is juis waar jy die fout maak. Jy dink seker ek is ook net sommer ‘n dorpenaar wat dink dat melk uit’n boks kom? Bokke loop eerder by jou buurman as by jou, maar so ver afdwaal? Nooit gesien nie.

Oom Boer ·

Die boerbokke sal na Nkandla moet gaan waar goeie weiveld en water is vir hervestiging. Hang net af wie dit kan sponsor en die vervoer daarheen sal betaal. Indien onopgeeis behoort dit mos aan die regering of dan nie?

REGINA ·

Die gras was dalk maar net groener aan die anderkant van die draad! Nee, ek dink die ware eienaar was agv die droogte desperaat vir weiding vir sy diere, toe neem hy maar net sy kans waar toe hy n lekker lappie weiding sien. Hy wou hul seker net bietjie bederf om hul trommeldik te vreet, dan kom laai hy hul binne n dag of twee weer in die nag op!?

Akram ·

Genugtig. Ek moet saamstem met baie van die artikels. Maar om n bok in n kamp te hou is baie moeilik. Ek wonder net hoeveel eienaars gaan nou die bokke kom kleim. Moet ook se bokboud is lekker, net n ram se vleis nie. Die boer moet nou sy winkelhaak op elke bok se oor sny en hulle dan vandusie toe vat. Of n halfmaan op die regter oor, so vinger lengte van die punt af.

Frederiks ·

Het die boer op wie se plaas die bokke nou is nie dalk ‘n dogter nie. Miskien is dit lobola .

Amanda Le Roux ·

Ai tog! Is so bly julle het my dierbare bokkies opgespoor! Het al die hele Noord Wes deurgesoek na hulle… Sien hulle het gehoor toe ons gepraat het van Kaap toe verhuis… Toe begin hulle sommer al aanstap…. Hahaha!!! As hulle na 7 dae nis geclaim is nie, gee hulle jou merk want dan is hulle wettiglik joune! Jy kan hulle maar terug pos diekant toe!!!

Leeutjie ·

Julle klomp is so snaaks! Ek lag lekker vir julle! Hou so aan!

CHRISTA ·

Hou die bokke vir jou, boer! Bokmelk is baie gewild veral om lekker kaas mee te maak. Die meeste Italiaanse kase word van bokmelk of skaapmelk gemaak!! Dalk kan julle die melk uitvoer en in Euro’s betaal word!!!

CHRISTA ·

Hou die bokke vir jouself, boer. Bokmelk is baie gewild, veral in lande soos Italië. Die meeste van hulle kase word van bokmelk of skaapmelk gemaak. Jy kan die melk uitvoer en in Euro’s betaal word!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Christa

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem dus soms ‘n wyle voor kommentaar op die webwerf verskyn. Indien jou kommentaar nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dit is afgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.