200 diere brand in wildkampe dood

‘n Skermgreep uit die video.

Sowat 200 diere het Maandagaand, dae voordat hulle op veiling moes gaan, in wildkampe naby Brits in Noordwes doodgebrand.

Dié brand het omstreeks 23:00 op Mulati Wilddienste se wildplaas buite die dorp uitgebreek. In dié stadium word daar vermoed dat dit moontlik brandstigting was.

Louise Horn, bemarker en administratiewe beampte by Mulati, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die wildkampe het binne 40 minute tot op die grond afgebrand.

“Die eienaar [Gustav Strydom] was self gisteraand op die plaas. Hy was nog so 22:15 in die omgewing van die kampe waarna hy huis toe is en die alarm geaktiveer het.”

‘n Skermgreep uit die video.

Horn vertel dat ʼn veiligheidswag kort daarna alarm gemaak het. “Gustav het eers gedink dit is ʼn aanval, maar toe hy buite kom, toe sien hy dit is ʼn brand. Dit was totale chaos,” sê sy.

Volgens Horn het talle diere, onder meer rooibokke, blesbokke, elande, njalas, sebras en volstruise in die brand in die slag gebly. Slegs ses wildebeeste kon uit die vlamme gered word.

Dié diere sou Saterdag op ʼn veiling in Brits opgeveil word. “Dit is baie hartseer. Dit is vir ons baie erg oor wat met die diere gebeur het,” sê Holm.

Holm het bevestig die veiling is intussen gekanselleer. Sy het verseker dat Mulati Wilddienste met hulle werk sal voortgaan.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Funani ondersoek die polisie ʼn klag van brandstigting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Francois Joubert ·

Hoekom noem hulle dit “brandstigting” as dit terrorisme is?

sweis ·

En ons almal weet wie hou daarvan om goed af te brand as hulle nie hulle sin kry nie soos telkens die geval was in die wes kaap.

Ellisras ·

Die wild hokke in Rustenburg het ook ‘n ruk terug afgebrand. Ek is seker daar is ‘n verband.

Ben ·

Hoekom moes hulle geveil word? Was dit vir private wildjag? Indien dit so is, dan is hulle nou beter af.

Ruan Scholtz Wildbedryf ·

Ben bitter ongelig is jy top genetika diere word opgeveil om deur Ander telers Op gekoop Te word, hoe dink jy kry Wildsboere inkomstes. Julle moet asb eers julle feite reg kry ou bul, en jy wat Se hulle is beter af om dood Te brand is belaglik

Onkunde ·

Ben, onkunde laat mens so stelling maak. Baie gaan vir aanteël van die spesies. My hart gaan uit na Mulati Wildsdienste. Gustav jy en jou mense is goeie mense met goeie harte en wat geen dier leed sal aandoen nie. Ek hoop die skuldige/s word vinnig vasgetrek! So ding het groot implikasies op die hele gemeenskap.

Daan Erasmus ·

Ben. Dit is nou onvanpas. Skape sal nooit uit sterf nie, want hulle het kommersiële waarde. Die wêreld en Sites se poging om renosters se kommersiële waarde “weg te vat” is juis die ondergang van die spesie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.