200 kg onwettige kabels uit informele nedersetting verwyder

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 200 kg kabels wat onwettige elektrisiteitsverbindings aan ongeveer 500 persone verskaf het, is Dinsdag uit Zandspruit, ʼn groot informele nedersetting wes van Johannesburg, verwyder.

“Vier voertuie is gebruik om die kabels uit die gebied te vervoer,” het Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

Eskom, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die JMPD het op die informele nedersetting teen Beyers Nauderylaan in Honeydew toegeslaan en die klopjag het ʼn hele dag lank geduur.

Lamppale en elektrisiteitsbokse is gestroop van die onwettige verbindings.

Volgens Minnaar was daar geen teenstand van die gemeenskap nie. Niemand is beseer nie en niemand is in hegtenis geneem nie. “Die verbindings is nie net elektrisiteitsdiefstal nie, maar ook baie gevaarlik,” het hy gesê.

Eskom sal die kabels hou en verdere ondersoek instel.

Bron: Jenni Evans, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charles ·

As hul dit in Soweto kan doen sal hulle tonne kabels kry en daar sal nie gou weer beurtkrag wees nie. Verkoop die koper en koop diesel vir die kragopwekkers.

Hermanus Potgieter ·

Dit is ‘n slegte tyd om die mense nou aan te vat oor kragdiefstal. Volgende jaar is verkiesingtyd. Onthou in hulle oë is dit nie diefstal nie. Die ANC het hulle krag belowe en nog nie gegee nie, nou spaar hulle Eskom die moeite en lê dit sommer self aan! Dit moes al lankal gebeur het en daar moes al lankal meters vir voorafbetaalde krag geinstalleer gewees het. Alhoewel ‘n duur proses, sou die uitgawe al terugbetaal gewees het. Die wat dan gesteel het moes net so bietjie skokbehandeling toegedien geword het….

Knersus D ·

Briljant gestel Hermanus! Ek verkneukel myself elke keer as ‘n outjie bietjie skok behandeling kry!!

pop ·

Daar is skelms wat die mense uitbuit. My bediende het R3000 betaal vir een kragprop. Sommer aangele van die naaste paal. Ek verduidelik aan haar dat die regering dit gaan kom uitaal want dis diefstal en onwettig. Haar antwoord was “nee, ek het mos betaal.” En dit gebeur toe. Escom het daarheen gegaan en toe hulle begin om die drade te verwyder toe stook die inwoners hulle met klippe en die werkers gee toe pad. So sit hulle nounog met hulle verbindings. Hermanus jys reg!! Sy se hulle is krag belowe< nou vat hulle dit net self.

Bruno Stef ·

Dit is net die manier waarop die kragverbindings gedoen is.Dit is lewensgevaarlik deur amateurs gedoen sonder die inagneming van stroomdra vermoens en geen uitklink fasiliteite nie.Daar was al gevalle wat ongeveer 20huise op 11000volt gekoppel was en aangeskakel was wat tot grootskaalse vernietiging van die sekondere stelsel gelei het met inbegrip van huis houdelike toestelle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.