200 nuwe Life Esidimeni-eise ontvang

Voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor (Maart 2018) (Foto: Skermgreep uit eNCA-video)

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, het Sondag gesê die Gautengse provinsiale regering het 200 nuwe eise vir finansiële vergoeding vanaf families van Life Esidimeni-pasiënte wat die mislukte oorplasing na onvanpaste NPO’s oorleef het, ontvang.

Bloom sê Thomas Masebe, die premier se woordvoerder, het die nuus verlede week tydens ʼn vergadering van die Gautengse wetgewer se oorsigtelike komitee van die premier en die wetgewer bekendgemaak.

Volgens Masebe is die meeste van die eise reeds geverifieer as eise wat reeds gedek is deur die arbitrasie-uitspraak van voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke.

Masebe het gesê daar was wel ʼn paar gevalle waar verskillende familielede ʼn eis betwis het.

Moseneke het gelas dat R1 miljoen aan elke eiser betaal word vir konstitusionele skade, R180 000 vir emosionele trauma en R20 000 vir begrafniskoste vir dié wat gesterf het.

Dit beteken dat R1,2 miljoen aan familielede betaal is wie se naasbestaandes gesterf het en R1 180 000 aan familielede betaal is wie se naasbestaandes oorleef het.

Uitbetalings aan 200 verdere eisers sal sowat R236 miljoen kos.

Bloom het gesê volgens Masebe is een van die maniere waarop die eise befonds sal word om hoeveelhede geld by alle provinsiale regeringsdepartemente op ʼn proporsionele basis te neem.

Die geld kan ook afkomstig wees van die aanpassingsbegroting van November vanjaar.

Bloom het gesê sover is R159 miljoen al aan eisers uitbetaal, wat beteken die totale bedrag wat uitbetaal sal word is R400 miljoen. “Dit is baie, maar nodig om geregtigheid aan dié wat gely het te verskaf, alhoewel dit dienslewering in die provinsie sal beïnvloed aangesien geld van ander projekte herlei sal moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek sluk nog steeds swaar aan hierdie storie dat die families nou geld maak uit die dood van gestremde familielede wat selde besoek was. Ek het self by so n inrigting naby Cullinan gewerk, en glo my die meeste pasiente het nooit, ooit besoekers gekry nie. Sommige so lank as 18 jaar laas!

Johanna Botha ·

En die vrou wat dit alles veroorsaak het .. die Mathlango is nogsteeds in n anc pos ….ipv in die TRONK …hoe verstaan mens dit ! !

Belastingbetaler ·

Ja-nee. Laat ons wit belasting betalers maar nogsteeds vir almal se “sovial grants” en water, elektrisiteit betaal. Laai maar die rekening ons is almal “skatryk” omdat ons wit is.

Manie ·

Wat n skande dat mense agter geld aanhardloop maar nie so vinnig beweeg het as jy geluister het na die getuies toe geld nie ter sprake was agter besoeke van die pasiënte

Cobalt ·

En steeds foeter die regering voort met NGV.! Amper ń half biljoen rand se eise en nou wil hul nog 256 miljard rand aangaan vir NGV. Dink die hoeveelheid eise dan???? Ai tog.!

Huh? ·

Hierdie toekenning v mnr Moseneke is totaal uit balans. Die skendig van ‘konstitisionele regte’ vd familielede kan nie naastenby daardie kwantum wees in ons siviele reg nie. Die bedrag is uit die duim gesuig. Ongelukkig is die DA ook op hierdie band wagon en sal nie hierdie bedrae bevraagteken nie. Daar is nie verlies aan onderhoud betrokke nie. Ek het ernstige bedenkinge oor die regsgronde en bevoegdheid v mnr Moseneke se kommissie en die afdwingbaarheid van sy toekennings. Noudat die deur oopgemaak is gaan nog R246m in die drein af. Wanneer word Qedani Mahlangu en David Makhura gedagvaar deur die staat vir die uitgawes?

Ja ne ·

Die reuk van bloed ag ek bedoel geld maak dat die pirannahs instorm. En verseker gaan n paar miljoen in n korrupte amptenaar of 10 se sakke verdwyn.

Landi ·

JA EN SO BETAAL ONS BELASTINGBETALERS ALWEER VIR DIE PATETIESE REGERING SE FOUTE. Ek het simpatie met hierdie mense maar hoekom het julle toegesien dat julle naasbestaandes eers sterf voordat julle opgetree het. Wil vir my voorkom of meeste mense daar afgelaai is en van vergeet is, nou wil julle vinnig n pond of twee maak.

Anoniem ·

En intussen is daar nog steeds mediese studente wat in November 2017 afgestudeer het, maar nie as dokters aangestel kan word by staatshospitale om hul verpligte internskap te doen nie, want daar is nie geld om die poste te befonds nie.

Hoeveel afgestudeerdes kon nie met R400m aangestel word nie? Hoeveel pasiënte kry daarom geen/swak diens omdat daar te min dokters is? Gaan hierdie pasiënte later ook eise indien?

En steeds storm Aaron Motsoaledi voort om gesondheidsorg te nasionaliseer, al het hy lang trane gehuil by die Esidimeni verhoor.

Alida ·

Natuurlik geld geruik nou stroom die eise in. Daar moes ‘n sperdatum gewees het op die datum van indiening van eise. Daar gaan nog BAIE kom.

Colleen ·

Hoeveel mense is regtig dood? Daar sal op die ou einde seker duisende aansoeke wees om vergoeding met net 200 wat dood is.

Stuiwer ·

Klink my hierdie mense vat ‘n kans. Hoekom nou eers na vore kom? Dit voel vir my dat hierdie hele proses in elkgeval net ‘n poging van die families was om geld te maak. Hoe harder jy huil, hoe meer geld kry jy! Sal wil sien waar hierdie geld op die ou einde uitgekrap word. Kom ons vat ‘n raai…..

Sulette ·

Ek dink hulle moet een bedrag bepaal per slagoffer. As meer as een familie lid eis dan moet die bedrag maar gedeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.