200 ploftoestelle in bus gekry

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Tweehonderd ploftoestelle is in ʼn bus by die Beitbrug-grenspos gekry.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ‘n lid van die grenspos se honde-eenheid net voor 22:00 Dinsdagaand op die ploftoestelle afgekom toe hy ‘n bus wat van Zimbabwe af die land binnegekom het, deursoek het.

“Die SAPD se plofstofeenheid is ontbied en die 200 knalkoorde [detonating cords] is aan hulle oorhandig,” het die SAID gesê. Die knalkoorde was in klere toegedraai en in ‘n sak in die bus versteek. “Die koorde, wat plofstof bevat, kan in kriminele aktiwiteite soos die onwettige mynbedryf en die opblaas van OTM’e gebruik word.”

Die polisie in Limpopo het intussen gesê ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die voorval. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 21-jarige Zimbabwiër sal Donderdag in die Musina-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis nou mense wat by die huis slaap.
Veels geluk !! Daar is baie hartseer voorkom.

Christie Joubert ·

Siende dat mugabe se geld eenheid in sy maai is, het hy seker maar n paar ministers gestuur om n geld inspuitintjie in SA te kom haal. Ek is feitlik oortuig, stortkop sal anderpad kyk….He-He

Henry McDonald ·

Eintlik nie ‘ploftoestelle’ nie, staan bekend as ‘doppielonte’ bevat lengte stadig brandende veililgheidslont wat aan ‘n springdoppie (detonator) geheg is word algemeen in mynbouaktiwiteite gebruik. Word onder Wet op Ontplofbare Stowwe as ‘kommersiële springstof’ geklassifiseer en is onwettig om te besit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.