2014 se Ghoema-nominasies bekend

ghoemasVanjaar se benoemdes vir die jaarlikse Ghoema-toekennings vir die beste in Afrikaanse musiek is Vrydag bekendgemaak.

Volgens Barry Pretorius, die organiseerder, is die Ghoemas reeds gevestig as die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek wat deur kykNET ondersteun word.

“Vanjaar se toekenningsaand gaan behoorlik swierig en opwindend wees met optredes deur sommige van ons land se top kunstenaars soos Elvis Blue, Kurt Darren, Riana Nel, Joshua na die Reen, Corlea Botha, Jay, Joe Foster, Burgert Botha en vele ander. Kategorie-aanbieders vanjaar sluit bekende gesigte soos Binneland se Quanita Addams en Desiree Gardener in, asook Dagbreek se Rozanne McKenzie,” het Pretorius gesê.

Die Ghoemas vind op 13 April by Carnival City plaas. Kaartjies vir die Ghoema-toekennings is beskikbaar by Computicket.

Klik hier om die al die nominasies te sien en om uit te vind hoe jy vir jou gunstelinge kan stem. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.