2014-verkiesing lewer dalk laagste opkoms by stembus

Argieffoto

Argieffoto

Woensdag se algemene verkiesing gaan moontlik die laagste opkoms by die stembus sien sedert die aanvang van demokrasie in 1994, berig City Press.

Volgens die berig gaan sowat 46% van stemgeregtigde kiesers na verwagting nie Woensdag stem nie. Dié syfer is gegrond op die feit dat 10 miljoen stemgeregtigde kiesers glad nie geregistreer het om te stem nie. Dit is ook gegrond op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se verwagting dat slegs 70% van die kiesers wat geregistreer het Woensdag wel hul kruisies gaan trek.

Nagenoeg 25 miljoen mense is geregistreer om Woensdag te stem. ʼn Totaal van 42% van stemgeregtigde kiesers het in 2009 nie gestem nie. ʼn Peiling wat verlede maand deur die marknavorsingsagentskap Ipsos gedoen is, het bevind dat 42% van diegene wat nie geregistreer het nie vir die ANC sou stem, gevolg deur 8% wat vir die DA sou gestem het en 4% wat die EFF sou ondersteun het.

Ipsos sê meeste van die ongeregistreerde kiesers wat aan die peiling deelgeneem het, sê hulle gaan nie stem nie aangesien hulle nie glo dit gaan ‘n verskil maak nie.

Keith Khoza, woordvoerder van die ANC, sê die aantal ongeregistreerde kiesers sal nie ʼn impak hê op die steun vir die ANC nie. “Daardie stemme was in die eerste plek nie ons sʼn gewees nie.” Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê Ipsos se getalle is “verkeerd” aangesien dit voorstel dat die meerderheid ongeregistreerde kiesers jongmense is. “Die meerderheid van diegene wat geregistreer het is tussen 18 en 34 jaar oud.”

Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, sê die ongeregistreerde kiesers kon die uitslag omgeswaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frik Lotz ·

Gaan stem en maak n verskil. As jy sterk voel oor minderheidsregte en gekant is teen regstellende aksie,swart ekonomiese bemagtiging en heropening van grondeise,stem dan VF PLUS. Die DA voel vere vir Afrikaners en ander minderhede. DA is baie bang vir VF Plus omdat minderhede wegbeweeg van DA en vir die VF Plus gaan stem. Ja nee,stem VF PLUS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.