Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Maandag in ʼn verklaring gesê die 2015-matriekuitslae sal slegs voortbou op die leemtes en gebreke van vorige jare se opvoedingstrategieë en kurrikulums.
“Die SOS verwag soos ander opvoedkundige instansies dat die matriekslaagsyfer laer sal wees as die 75,8% van 2014. Soos reeds in die media berig, is een rede hiervoor die meer as 65 000 gr. 11’s van 2014 wat oorgeplaas is na gr. 12-klasse van 2015, hoewel hulle nie aan die slaagvereistes voldoen het nie. Die SOS glo egter dat die grootste faktor wat hiertoe bydra eerder die hoë standaard van eindeksamen-vraestelle is wat nie ondersteun word deur hoëgehalte-onderrig in die klaskamer nie.”
Volgens Hugo Vermeulen, hoof van die SOS, het 2014 se matriekuitslae baie verklap oor die werklike stand van sake van die matriekuitslae. Hy het gesê ’n ontleding deur die SOS rakende 2014 se uitslae het die volgende gegewens aan die lig gebring:
- Uit 532 860 matriekkandidate het 128 986 gedruip (24,2%).
- Slegs 150 752 matrieks het met graadkursus-toelating geslaag (28,3%); 31,3% met diplomakursus-toelating en 16,1% met hoërsertifikaatkursus-toelating.
- Van die 6 704 skole toon 16 skole ’n 0%-slaagsyfer, 150 skole ’n slaagsyfer van onder 20% terwyl net 515 skole ’n 100%-slaagsyfer kon toon.
- Slegs 111 skole spog met 100%-matriekslaagsyfers van 2010 tot 2014 (vyf jaar).
- Daar is 45 skole sedert 2010 wat nog nooit ’n slaagsyfer van meer as 40% getoon het nie.
- Die vakke wat die swakste prestasies toon se slaagsyfers was: wiskunde 53,5% (78% het minder as 50% behaal), fisiese wetenskappe 61,5% (78% het minder as 50% behaal) en lewenswetenskappe 73,8% (70% het minder as 50% behaal).
- Slegs 35,1% van die matrieks het bo 40% in wiskunde en slegs 36,9% het bo 40% in fisiese wetenskappe behaal.
- 46,5% van alle wiskundekandidate en 38,5% van alle fisiesewetenskappe-kandidate het laer as 30% vir die eindeksamenvraestel behaal.
Vermeulen het ook beklemtoon dat hoewel die getal matrieks in 2010 en 2014 min of meer dieselfde getal inskrywings getoon het, die inskrywingstal vanaf 2010 tot 2014 geweldig afgeneem het in kernvakke soos wiskunde (39 418 minder), fisiese wetenskappe (38 619 minder) en rekeningkunde (36 743 minder).
Volgens die SOS kan hierdie verskynsel ernstige gevolge vir die oordrag van vaardighede aan leerders inhou aangesien hierdie vakke kernvakke in die staat se programme vir skaars en kritieke vaardighede is. “Dit is dus geen wonder dat Suid-Afrikaanse leerders steeds uiters swak vaar in die meer uitdagende internasionale wiskunde- en wetenskaptoetse soos TIMSS nie,” het hy gesê.
Stuur julle more die matrieks se uitslae uit na die kinders toe wat geregistreer het?
Dagsê Annemarie
Die SMS word gestuur sodra die uitslae op Maroela Media beskikbaar is.
Dit sal na verwagting Woensdagoggend om 06:00 beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dagsê Annemarie Hulme
Die uitslae is vanoggend om 06:00 beskikbaar gestel. kyk hier: http://matriekuitslae.co.za/
Matrieks in die Wes-Kaap kan môre hul uitslae kom soek.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Wie doen hulle ‘n guns deur Gr 11 leerders net eenvoudig deur te sit na Gr 12 ? Hierdie is fatore wat baie skade aan jongmense se selfbeeld en selfvertroue aanrig.
Gaan die matriek uitslae môre gestuur word na dié wat geregistreer het?
Dagsê Ruve
Die SMS word gestuur sodra die uitslae op Maroela Media beskikbaar is.
Dit sal na verwagting Woensdagoggend om 06:00 beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
ek het verlede jaar kindgeregistreer en eers uitslae gekry in die middag nadat ons die uitslae by die skool gekry het. dalk is hulle hierdie jaar vinniger?hoop so! die boodskap van maroela was baie mooi oor uitslae!
Dagsê Anna
Die SMS word gestuur sodra die uitslae op Maroela Media beskikbaar is.
Dit sal na verwagting Woensdagoggend om 06:00 beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dat die vraestelle op standaard is, is ek mee eens. Die sillabus se leermateriaal is heeltemal goed uiteengesit en daar is selfs eksamenriglyne is amper al die vakke. Leerders is veronderstel om elkeen ‘n kopie van die riglyne te kry en seker te maak dat hulle onderwysers al die vereistes met hulle behandel. By die onderpresterende skole word ekstraklas na ekstraklas gehou waar daar geen tot baie min onderrig (“teaching”) plaasvind. Vraestel op vraestel word uitgewerk, sonder dat leerders die tema ken. Daardie onderwysers is meestal doodgewoon te lui om voor te berei vir die klasse. Hulle vra elke keer dat meer opleiding gegee moet word, maar implementeer min daarvan. Ek weet want ek werk met hierdie skole.
dankie sune
groete anna
Ek dink die onderwysers het tou opgegooi. Al probeer mens ook hoe hard daar kom ‘n punt dat jy net se genog is genog. As hulle te dom is om te leer, dan kan mens niks daaraan doen nie.
Gelukkig het die glorieryke Nuwe Suid Afrika darem ook sy suksesse gehad … dink maar aan…..
Nkandla
Die wapenskandaal
Eskom
SAL
Misdaad ens. ens. ens.
wat doen mens om te registreer?
Dagsê Jeanette
Registreer gerus hier: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/matrieks-2015-registreer/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media