2016-studiegeld: Regering sê dán waar geld vandaan gaan kom

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het gesê ʼn aankondiging sal Donderdag gemaak word oor waar die regering die R2,6 miljard gaan kry om op te maak vir die 2016-studiegeldverhoging wat onlangs geskrap is.

Dié aankondiging is gemaak toe hy Dinsdag ʼn debat oor transformasie van hoër onderwys in die Nasionale Vergadering geopen het te midde van ʼn twee week lange landwye betoging deur studente oor die kwessie.

Nzimande het gesê hoëvlak-samesprekings word met pres. Jacob Zuma en Nhlanhla Nene, minister van finansies, gehou om te bepaal hoe die befondsinggaping gevul gaan word.

“Ons is saam met die minister van finansies besig om presies uit te werk watter sektore bydraes kan maak tot die tekort,” het hy aan LP’s gesê.

Hy het gesê ’n deel van die geld sal “geherprioritiseer” word uit ander programme in sy departement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Blondie ·

O vet … hier kom dit!! Sal nou wil sien waar moet die belasting betaler nou weer die geld moet uitkrap. Dalk moet die regering self hand in eie sak steek vir die ou geldjies of vir die Guptas gaan vra om dit te finansier… Hulle is mos sulke dik pelle. Ai en ons ou volkie knyp nog steeds ons toe en draai die ander wang.

Jz ·

Pasop as daardie belastingkoei se melk opraak en sy begin skop.dan gaan n paar se tande waai.

Elmien ·

As daar minder korrupsie is en hulle van die sous trein af kilm sal hulle nie na geld hoef te soek nie

Riette ·

Ag en daar kry hulle dit alweer reg!!! Gooi n vloermoer en almal spring, ag nee regtig hierdie land is n grap

Winston ·

Grawe nou liewer ou koeie uit die sloot om n doodgevalde kader wat 44 jaar gelede uit n kantoor gespring het, se dood te ondersoek maar kan nie die huidige moordsyfer in bedwang hou nie. Hulle mors op alle vlakke geld en nou moet die rykes die “studente sonder morele waardes” se studiegeld betaal? Niemand kry net alles nie. Werkloosheid aan die toeneem. Ek sal help betaal as “pik en graaf” as vak aangebied word. Ons moet nou wakker word mense. Anargie, grondbesetting en hierdie soort eise moet met mag beveg word. Tyd geword om ons kubus te verlaat.

Jannie ·

In lande waar student “gratis” aan ‘n universiteit kan studeer, is daar baie hoe eise wat gestel word. Almal skryf dieselfde eksamen en dan word die X-aantal heel bestes gekeur. Dis beslis nie ‘n “Free-for-all” soos hier by ons gepropageer word nie. Ons het ook hande-arbeiders nodig en nie so baie mense met “kamtige” grade nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.