2021: Meer doen aansoek om plek in skole  

(Argieffoto)

Meer leerders as verwag het reeds vanjaar aansoek gedoen om ʼn plek in ʼn Wes-Kaapse skool vir volgende jaar.

Ouers kon van 17 Februarie deur ʼn aanlyn platform aansoek doen vir hul kinders by ʼn skool in dié provinsie. Die aansoeke sluit op 17 Maart.

“Ten spyte van die feit dat ons aanvanklik etlike probleme met die stelsel ervaar het, het ons reeds meer aansoeke as verlede jaar dié tyd ontvang,” sê Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys. Verlede jaar was daar reeds 16 848 meer inskrywings om vanjaar in die Wes-Kaap skool te gaan as in vorige jare.

Volgens Hammond het 33 518 ouers vanjaar reeds op die eerste dag van die aansoekproses aansoek gedoen by ʼn skool in die Wes-Kaap vir 2021. Teen 25 Februarie het die stelsel reeds 154 449 aansoeke ontvang.

Weens tegniese probleme het baie ouers in die eerste paar dae gesukkel om hul aansoeke aanlyn in te dien. Die departement het ouers egter verseker dat eerste aansoeke nie noodwendig eerste geplaas sal word nie.

“Dit het ook onder die departement se aandag gekom dat party skole geweier het om hardekopie-aansoeke te aanvaar. Party ouers het nie toegang tot die internet nie en sukkel om aanlyn aansoek te doen, daarom versoek ons skole om wel aansoeke te aanvaar wat by die skool self ingehandig word, of ten minste ouers te help om aanlyn aansoek te doen,” sê Hammond.

Die Wes-Kaapse regering moes aan die begin van die skooljaar spook om duisende leerders in skole hier te plaas nadat 1 077 927 leerders ingeskryf het om vanjaar vir die eerste keer by ʼn skool in die Wes-Kaap skool te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

Hier in Modimolle het die skool toegemaak, die kinders is hopeloos te veel. En met die geboorte koers hier in Limpopo sien ek n swart toekoms.

Anel ·

En hoeveel skole is dasr gebou? Daar gaan meer kinders met skool begin as wat daar klaarmaak. Hier kom weer groot moeilikheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.