2021 se skooljaar begin dán

Angie Motshekga gedurende Donderdag se mediakonferensie. (Foto: GCIS)

Skole sal volgende jaar op 25 Januarie vir alle leerders heropen terwyl vanjaar se matrieks hul Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen vanaf 5 November tot 15 Desember sal aflê.

Matrieks het van vandag af dus 34 dae om vir die eindeksamen voor te berei.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdagoggend belangrike datums rakende die huidige en komende skoolkalender te midde die Covid-19-pandemie bekend gemaak.

Die hereksamens vir verlede jaar se matrieks sal vanjaar saam met die NSS-eksamen in November geskryf word.

“Die eksamenrooster vir die gesamentlike eksamens moes gewysig word sodat hierdie eksamen in November begin, in plaas van Oktober soos aanvanklik beplan is,” het die minister gedurende ’n mediakonferensie gesê.

Volgens Motshekga word die eksamens vanjaar later geskryf om leerders soveel as moontlik kans te gee om tyd aan kritieke inhoud van die kurrikulum te bestee. Dié aangepaste datums sal ook verseker dat alle eksamenprosesse behoorlik bestuur word.

Die gekombineerde eksamen maak dit die grootste openbare eksamen nog om in Suid-Afrika geskryf te word, het die minister uitgewys.  Meer as een miljoen (1 058 699) kandidate sal na verwagting die eksamen vanjaar aflê.

“Al die eksamensentrums, openbare sowel as onafhanklike sentrums, is geoudit ter voorbereiding van die 2020‑ gekombineerde eksamen. ’n Protokol is ontwikkel en versprei om die nakoming van Covid-19-regulasies te verseker en om leiding aan alle toesighouers en ander amptenare wat by die bestuur en administrasie van die eksamen betrokke is, te gee.”

Bykomende eksamenlokale sal ook beskikbaar gemaak word indien nodig.

Volgens Motshekga het die departement van basiese onderwys die skoolkalender opgestel met inagneming van die ontwrigtings wat in 2020 te midde die Covid-19-pandemie plaasgevind het.

“Ons sal van die inhoud van die kurrikulum na 2021 moet oordra en ons het ons bes gedoen om die belange van almal in ag te neem.”

Die volledige skoolkalender sal Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Is rerig nou tyd dat die een ook vertrek…..your sell by date BB is lankal verstreke. Die probleem is dan kry die land Panyaza Lesufi…..oe wee, oe nee!

Agge nee ·

Sorry tannie Angie, ons begin die 7de Januarie met skoolgaan. As jou staatsskole se kinders agterbly is dit jou probleempie. Die ouers betaal ons om te werk en dit is presies wat ons sal doen.

Elize ·

Almal van ons sal graag ons kinders 7 Januarie 2021 skool toe laat gaan maar daar is baie van ons wat nie privaat skole kan bekostig nie en is aangewese op staatskole. Wees bietjie minder sarkasties en geluk aan die ouers wat ander skole kan bekostig

Erik ·

Jong, ek is ‘n onderwyser by ‘n staatskool. Ons almal is op datum met ons kurrikula, het aanlyn aangegaan tydens die inperking. Ons uitslae ook dikwels beter as verskeie privaatskole s’n. 25 Januarie gaan ook nie regtig ‘n probleem wees nie.

Adam Adriaan ·

The ANC government don’t want an intelligent population because people who can think critically can’t be ruled. They want “our people” just smart enough to pay taxes and dumb enough to keep voting for them.

LANA is ELANè ·

Hierdie is een van die min ministers waarvoor ek tyd het, maar sy word so gedwarsboom deur haar eie regering. Ek weet vir ‘n feit as sy haar sin kon kry het die skole lankal reeds optimaal geopen, maar nou het die WHO en ander magte ongelukkig die finale sê, veral as dit by staatskole kom, want die privaatskole soos oa Midstream skole het ‘n veer gevoel vir enige regulasies tot op hede, en het net gedoen wat hulle wou en dus is die rykstes van die rykes se bloedjies weereens bevoordeel teenoor die middelklas en armer mense in ons land, wat soos skape gelei en bestuur word omdat hul beursies nie veel mag dra nie.

koos10 ·

LANA, as ek nie tevrede met my werk en omstandighede is nie mag ek mos maar bedank, of hoe? Sy kan maar die selfde doen? Die feit is dat sy deel is van die probleem. Sy is in die ANC en nogal hoog op ook. Die ANC is in beheer deur die unies se ondersteuning, nou kan hulle mos nie teen die unies gaan nie. So haar eie wil het niks hier te make nie. As sy teen die unies gaan is sy werkloos. Kyk ook na die groter prentjie. Hoeveel skole is vanaf 1994 gebou? Hoeveel inbrake was daar in skole vanaf 1994? Dat sy ‘n goeie mens is betwyfel ek nie, maar die feite spreek harder as haar dade.

Scalla ·

Hoede, kopdoeke en Clicks shampoo is nou hoogmode in die sirkus.

johan ·

Ek is so dankbaar my kinders is nie deel van hierdie stelsel nie. Tuis onderig is baie minder stresvol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.