2021-skoolkalender bekend gemaak

(Argieffoto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Die departement van basiese onderwys het Vrydag die skoolkalender vir 2021 bekend gemaak.

Die eerste kwartaal eindig op 31 Maart. Die tweede kwartaal strek van 13 April tot 25 Junie terwyl die derde kwartaal van 13 Julie tot 23 September duur. Die vierde kwartaal strek van 5 Oktober tot 8 Desember.

Volgens die departement is die skoolkalender opgestel met inagneming van die ontwrigtings wat in 2020 te midde die Covid-19-pandemie plaasgevind het.

“Ons sal van die inhoud van die kurrikulum na 2021 moet oordra en ons het ons bes gedoen om die belange van almal in ag te neem,” het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê.

Maroela Media het vroeër berig matrieks sal hul Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen vanaf 5 November tot 15 Desember aflê.

Die hereksamens vir verlede jaar se matrieks sal vanjaar saam met die NSS-eksamen in November geskryf word.

Die gekombineerde eksamen maak dit die grootste openbare eksamen nog om in Suid-Afrika geskryf te word, het die minister uitgewys. Meer as een miljoen (1 058 699) kandidate sal na verwagting die eksamen vanjaar aflê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cornelius ·

Ons het die Curriculum met 30% verminder en die slaag syfer na 20% verminder. Viva Viva die kruiwa.

Persheks Adri ·

Mal verby om die minste te sê! Beste belang van die leerders? Nee beslis nie julle ontwrig hulle meer as enige iets anders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.