2022 Spele kan groot inspuiting wees

Die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal Foto: Theunissen Jankowitz Architects (tja.co.za)

Die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal Foto: Theunissen Jankowitz Architects (tja.co.za)

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag gesê Suid-Afrika kan ʼn groot finansiële inspuiting kry indien die 2022 Statebondspele in die land aangebied word.

Radebe het aan verslaggewers bevestig dat Durban vroeër vandeesweek amptelik sy bod in Londen ingedien het om die gasheerland te wees.

“Ongeveer 11 650 poste kan geskep word en die land se ekonomie sal ʼn inspuiting van nagenoeg R20 miljard te wagte wees indien ons die Spele aanbied,” het hy gesê. “Nog ʼn nalatenskap van die Spele sal ʼn geïntegreerde vervoerstelsel vir Durban wees.” Die planne vir dié vervoerstelsel is glo reeds goedgekeur.

Durban is tans die enigste stad wat ʼn bod vir die Spele ingedien het nadat Edmonton in Kanada sy bod op 11 Februarie 2015 teruggetrek het weens die daling in oliepryse. Dié stad sal glo fokus op die Spele in 2026.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ladybug ·

Ja né 2010 was die grootste fout! Stadions gebou wat nou wit olifante geword het (wat ek ook doerie tyd voorspel het), en nou? Was net nog ‘n vermorsing van ons geld!

Theresa ·

Dink julle nou regtig daar gaan nog ‘n Suid-Afrika wees in 2022? Ha ha!! Julle is SO snaaks. Hier is nie krag nie – hier is nie water nie – hier is wel moord elke dag!

se-net ·

En ons belastingbetalers gaan weer moet opdok vir miljoene wat weer gaan “wegraak”. 2010 WAS groot mislukking en spele gaan nog groter mislukking wees.

CHRISTA ·

Daar sou tydens 2010 ook tienduisende werksgeleenthede geskep gewees het. Wat het daarvan geword? Nie eers die aantal toeriste wat die regering voorspel het, het opgedaag nie. Wie sal in elkgeval na ‘n land kom waar MOORD, ROOF, VERKRAGTING die nasionale sport is?

scalla ·

Soos dit tans gaan met die land gaan hy nie 2022 sien nie, alles gaan ten gronde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.