21 000 skoliere swanger in vorige boekjaar

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 21 000 skoolmeisies, waaronder 717 laerskoolmeisies, het in die vorige boekjaar swanger geraak, het Beeld Maandag berig.

Dit is bekend gemaak in ʼn skriftelike antwoord van die departement van basiese onderwys in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA. Die meeste swangerskappe was in Gauteng met 5 273 en die Oos-Kaap met 4 130 swangerskappe.

In Noordwes het 292 skoolmeisies in die vorige boekjaar swanger geraak. Die Oos-Kaap het die meeste laerskool-swangerskappe gehad, met 232 meisies wat swanger geraak het. Gauteng het die meeste hoërskool-swangerskappe gehad, naamlik 5 209.

Die provinsiale syfers vir onderskeidelik laerskool- en hoërskool-swangerskappe is as volg:

  • Gauteng: 64; 5209
  • Oos-Kaap: 232; 3898
  • Mpumalanga: 130; 3196
  • KwaZulu-Natal: 84; 2993
  • Wes-Kaap: 83; 2433
  • Limpopo: 32; 1009
  • Vrystaat: 13; 325
  • Noordwes: 14; 278
  • Noord-Kaap: 65; 775

Dit is nie bekend hoeveel van die meisies het ná hul swangerskappe teruggekeer skool toe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elfie

Onnosel meisies – wanneer gaan iemand tog indringend met hulle praat – wat se toekoms het hulle of die kind? Ek weet NET praat gaan nie help nie, maar kry van die spul om self by skole te gaan praat en vertel hoe dom hulle was en hoe hulle nou nie werk het of kan kry nie en so deur hulle lewe sal voorstrompel. Die staat se pasella help ook net SOVEEL! En die kinders… ag ek het nie eers woorde nie. Die ergste is die laerskoolkinders…dit terwyl voorbehoeding oral gratis beskikbaar is maar ja, die staat ondersteun hulle mos… Lees meer »

EMK

Verplig die pil en vat staatstoelaes weg – ENIGSTE manier!

My mening

Vat staatstoelaes weg, want dit is al hoekom hulle kinders het. Waar op aarde kan jy met ongeveer R200 (ek weet nie eens of dit soveel is nie) per maand ‘n kind onderhou, dis nie eers genoeg vir kos en doeke vir ‘n baba nie, wat nog te sê van klere en skoolgeld????

ED

Dit gaan net oor toelae wat hul by die staat kry. Verder weet hul nie eers hoe om n kind groot te maak. Dit is as kinders wil kinders hê.

Charlene

Ek weet nie wat my die ergste geskok het nie – die syfer of dat van hulle nog in die laerskool was!!!! Dankie aan my ma e pa wat my maar outyds groot gemaak het. Ek was klaar met skool en het `n vaste werk gehad, medies en ek het nie gewonder wie is die pa nie – ek het geweet. Vat hulle toelae weg wat hulle by die staat kry. Kinder kan nie kinders groot maak nie. Dis al hoeveel kere bewys. Forseer hulle om skool te gaan tot op 7/8 mnde, te kraam en dan terug te gaan… Lees meer »