21 000 skoliere swanger in vorige boekjaar

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 21 000 skoolmeisies, waaronder 717 laerskoolmeisies, het in die vorige boekjaar swanger geraak, het Beeld Maandag berig.

Dit is bekend gemaak in ʼn skriftelike antwoord van die departement van basiese onderwys in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA. Die meeste swangerskappe was in Gauteng met 5 273 en die Oos-Kaap met 4 130 swangerskappe.

In Noordwes het 292 skoolmeisies in die vorige boekjaar swanger geraak. Die Oos-Kaap het die meeste laerskool-swangerskappe gehad, met 232 meisies wat swanger geraak het. Gauteng het die meeste hoërskool-swangerskappe gehad, naamlik 5 209.

Die provinsiale syfers vir onderskeidelik laerskool- en hoërskool-swangerskappe is as volg:

  • Gauteng: 64; 5209
  • Oos-Kaap: 232; 3898
  • Mpumalanga: 130; 3196
  • KwaZulu-Natal: 84; 2993
  • Wes-Kaap: 83; 2433
  • Limpopo: 32; 1009
  • Vrystaat: 13; 325
  • Noordwes: 14; 278
  • Noord-Kaap: 65; 775

Dit is nie bekend hoeveel van die meisies het ná hul swangerskappe teruggekeer skool toe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Elfie ·

Onnosel meisies – wanneer gaan iemand tog indringend met hulle praat – wat se toekoms het hulle of die kind? Ek weet NET praat gaan nie help nie, maar kry van die spul om self by skole te gaan praat en vertel hoe dom hulle was en hoe hulle nou nie werk het of kan kry nie en so deur hulle lewe sal voorstrompel. Die staat se pasella help ook net SOVEEL! En die kinders… ag ek het nie eers woorde nie. Die ergste is die laerskoolkinders…dit terwyl voorbehoeding oral gratis beskikbaar is maar ja, die staat ondersteun hulle mos met toelaes so dit sal net voortgaan.

My mening ·

Vat staatstoelaes weg, want dit is al hoekom hulle kinders het. Waar op aarde kan jy met ongeveer R200 (ek weet nie eens of dit soveel is nie) per maand ‘n kind onderhou, dis nie eers genoeg vir kos en doeke vir ‘n baba nie, wat nog te sê van klere en skoolgeld????

ED ·

Dit gaan net oor toelae wat hul by die staat kry. Verder weet hul nie eers hoe om n kind groot te maak. Dit is as kinders wil kinders hê.

Charlene ·

Ek weet nie wat my die ergste geskok het nie – die syfer of dat van hulle nog in die laerskool was!!!! Dankie aan my ma e pa wat my maar outyds groot gemaak het. Ek was klaar met skool en het `n vaste werk gehad, medies en ek het nie gewonder wie is die pa nie – ek het geweet. Vat hulle toelae weg wat hulle by die staat kry. Kinder kan nie kinders groot maak nie. Dis al hoeveel kere bewys. Forseer hulle om skool te gaan tot op 7/8 mnde, te kraam en dan terug te gaan skool toe – dis nie asof hulle na die baba kyk nie, nee die baba word gedump erens. Dis omdat niemand die arme bloeisels mag slaan nie. Ek sê nie aanrand nie maar `n goeie pakslae is al wat odig iss – en vir van vandag se kinders `n plathand deur daai vuil bek!

Hannelie ·

Ja, straf al die meisies wat swanger raak! Dit is hulle wat onnosel is en dit is hulle wat op hulle eie swanger raak! Wat van die ander party in ‘n swangerskap? Almal weet hoe om ‘n babatjie te maak maar die pa, verkragter, wie ookal, loop weg en gaan aan met sy lewe terwyl dit altyd die meisie en dié se familie is wat die kole uit die vuur moet krap! Nou gaan daar seker weer ‘n steniging plaasvind!

Elfie ·

Hannelie – ja “it takes two to tango”, dis waar, en dis ‘n ander saak as dit verkragtign is, maar dis tyd dat vrouens opstaan en hulself bemagtig. Sê NEE. En BEDOEL dit. Moenie daai bene oopmaak nie! Die meerderheid weet goed die pa werk nie/is self nog op skool/gaan nie help nie so leer net om NEE te sê en klaar.

zahn ·

Mense, so drie vier weke terug het zuma dit baie duidelik gestel, hierdie kinders wat swanger raak, is ‘n westerse invloed. Afrikane sprinkane het dit nooit gedoen nie. Hulle was die vredeliewendheid vanself. Kan julle onthou, hy het in die media gesê hierdie kinders moet om Robbeneiland gehuisves word, bla bla bla? Nou kyk nou net, dis die blankes se skuld. Jan van Riebeeck het dit begin. Ek het op daardie berig kommentaar gelewer wat verwyder is,.

Leeutjie ·

Ek onthou ook nog daardie artikel Zahn. Ek het nogal gedink dat dit ook ‘n goeie idee sou wees om voorbehoedpille by die skole te gee vir die meisies om hierdie tipe van dinge te voorkom.

Babs ·

Hierdie kinders word deur ouers toegelaat om swanger te word want dit beteken meer geld van die staat af. Baie van die babas word met een of ander siekte gebore. Gaan kyk maar hoe lyk dit waar hulle gaan sit om toelaes te eis. Een op die rug, een by die knie en een in die maag. Die regering van die dag se skuld.

Nina ·

Mens weet nie wat die ergste skok is nie! Die belaglike getal kinders wat swanger was, of die feit dat van hulle nog op laerskool is! Ons het nie eens geweet wat seks was op laerskool nie! Die Oos-Kaap loop ook VER voor. Genade, daar is tog GRATIS voorbehoeding EN mobiele klinieke?

Hettie ·

Selfs in TV reekse soos onlangsIn 7de Laan word dit ingebring en Dan goedgepraat Baie tieners dink Dan dis maar reg so Hulle spot selfs met hulle boepies op die matriek asked !

V ·

Dis omdat kinders die boeke en dvd’s op rakke vryelik kan koop en daar nie regtig genoeg toesig oor die laataand TV kanale is nie.Dis waarheen dit deesdae gaan.

ladybug ·

Die “government grant”is die aanhitsing. Staak dit en die kinders wat kinders wil groot maak sal einde kry.

Gert ·

Dit gebeur nou dat die regeering daai gegeurde kondome uitgee. Die kinders dog dis eetgoed en het nie geweet waarvoor om dit te gebruik nie

CHRISTA ·

Vir hoe lank na die baba se geboorte kry hulle die toelaag?

chantell ·

Nee wat ek geen genade vir hulle of die staat en die staat is die laaste mense om geskok te wees jy mos nou mondig op 12 jy kan al van dit begin leer as jy 8 is in die skole maar asb moet nie drink en rook nie daai ouderdom is 18 en 16 ek dink maar vroeg ryp vroeg vrot

KarooKlong ·

Mense, hulle praat hier van meisies van so jonk as 12 wat swanger is.
12, 13, 14, 15, 16, is dit nie verkragting nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.