21 dae voor Eskom bankrot is

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het 21 dae oor voordat hy bankrot is, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het die “druk van die maatskappy se likiditeitsposisie” bevestig. “Eskom sal teen die einde van Januarie nie meer geld hê nie,” het sy aan die Mail & Guardian gesê. “Die kwessie moet nog aangeroer word.”

Intussen het Eskom Vrydag gesê sy finansiële probleme is deels verantwoordelik vir die kragonderbrekings in die land. “Eskom het finansiële probleme. Ons is tans in gesprek met die regering om ons uit die finansiële verknorsing te red,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. “Ons het verlede jaar aangedui dat ons R50 miljard vir bedryfskwessies benodig om die werk voort te sit.”

Phasiwe het gesê die regering het aangedui dat hy Eskom met ʼn kontantinspuiting van R20 miljard sal help, maar dit is nie genoeg nie. Die maatskappy oorweeg ʼn aantal opsies om die res van die geld te bekom wat hy benodig om die werk by die Medupi-, Kusile- en Ingula-kragstasies af te handel. Hy het gesê Eskom het reeds verbande in plaaslike en internasionale markte uitgereik en het ander instansies genader vir befondsing.

Europa en die Afrika-ontwikkelingsbank het reeds geld aan Eskom geleen.

“Ons benodig die geld om seker te maak dat ons die projekte klaarmaak,” het Phasiwe bygevoeg. Hy voer aan die finansiële probleme is deels verantwoordelik vir die voortslepende beurtkrag. “Ons het geld nodig om onderdele aan te skaf vir instandhouding, maar dit is nie die enigste rede nie. Instandhouding word al van 2010 af uitgestel.”

Die netwerk is ook onder erge druk omdat Eskom nie oor nuwe kragopwekkingskapasiteit beskik nie, het Phasiwe bygevoeg. Bestaande kragopwekkers raak onklaar omdat instandhouding uitgestel is en onbeplande kragonderbrekingsplaasvind.

Eskom het aangekondig hy pas Vrydag fase 1-beurtkrag toe tussen 11:00 en 22:00. Dit is nog nie duidelik of hy oor die naweek ook beurtkrag gaan toepas nie.

Twee kragopwekkers het Woensdag onklaar geraak. Eskom het in daardie stadium gewaarsku dat kragonderbrekings toegepas sal word om seker te maak dat die stelsel nie in sy geheel sal ineenstort nie. Slegs een van die kragopwekkers is intussen herstel.

Die eerste eenheid van Medupi sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2015 gesinchroniseer word, maar sal na verwagting eers in Junie begin elektrisiteit verskaf.

Kusile sal na verwagting in Junie 2016 begin elektrisiteit verskaf.

Eskom het op 5 Desember fase 3-beurtkrag toegepas, maar Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het op 8 Desember ontken Eskom beleef ʼn krisis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

78 Kommentare

jongste oudste gewildste
Brian van der Westhuizen

Ek verstaan dat geld benodig word om parte aan te koop en instandhoudingswerk te verrig, maar waarop word die inkomste dan spandeer?

Johan

Mooi man, maar die manne wat inbeheer is kry vet pakkies en belaglike bonuses ? Wat is nuut

Nadia

Darm kry eskom base vet bonusse :\

Nicolene

My man werk self vir Eskom en as ek kyk na wat hy verdien vir die harde werk wat hy doen en dan moet ons loadshedding ondergaan, dink ek is uiters belaglik teenoor die Managers en CEO’s en so meer, die mense is wel geleerd ( of ons dink so) maar is dit nodig om hulle sulke hoe salarise te betaal en dan die mense wat hulle basse af werk kry peanuts! Eskom sit in finansieele krises omdat die staat toelaat dat die minsipale rekeninge agter raak, dan moet eskom gaan bakhand staan by die regering vir geld . Ag… Lees meer »

Gerhard Bezuidenhout

Privatiseer vir Eskom en laat privaat instansies toe om vir hul eie sak krag op te wek.Wanbestuur en te vet salarisse is die oorsaak van die gemors. BEE het ons land in die sop. Wanneer jy n sg. minderbevoorregte is maak dit nie van jou n helikopter piloot nie.