21 dae voor Eskom bankrot is

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het 21 dae oor voordat hy bankrot is, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het die “druk van die maatskappy se likiditeitsposisie” bevestig. “Eskom sal teen die einde van Januarie nie meer geld hê nie,” het sy aan die Mail & Guardian gesê. “Die kwessie moet nog aangeroer word.”

Intussen het Eskom Vrydag gesê sy finansiële probleme is deels verantwoordelik vir die kragonderbrekings in die land. “Eskom het finansiële probleme. Ons is tans in gesprek met die regering om ons uit die finansiële verknorsing te red,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. “Ons het verlede jaar aangedui dat ons R50 miljard vir bedryfskwessies benodig om die werk voort te sit.”

Phasiwe het gesê die regering het aangedui dat hy Eskom met ʼn kontantinspuiting van R20 miljard sal help, maar dit is nie genoeg nie. Die maatskappy oorweeg ʼn aantal opsies om die res van die geld te bekom wat hy benodig om die werk by die Medupi-, Kusile- en Ingula-kragstasies af te handel. Hy het gesê Eskom het reeds verbande in plaaslike en internasionale markte uitgereik en het ander instansies genader vir befondsing.

Europa en die Afrika-ontwikkelingsbank het reeds geld aan Eskom geleen.

“Ons benodig die geld om seker te maak dat ons die projekte klaarmaak,” het Phasiwe bygevoeg. Hy voer aan die finansiële probleme is deels verantwoordelik vir die voortslepende beurtkrag. “Ons het geld nodig om onderdele aan te skaf vir instandhouding, maar dit is nie die enigste rede nie. Instandhouding word al van 2010 af uitgestel.”

Die netwerk is ook onder erge druk omdat Eskom nie oor nuwe kragopwekkingskapasiteit beskik nie, het Phasiwe bygevoeg. Bestaande kragopwekkers raak onklaar omdat instandhouding uitgestel is en onbeplande kragonderbrekingsplaasvind.

Eskom het aangekondig hy pas Vrydag fase 1-beurtkrag toe tussen 11:00 en 22:00. Dit is nog nie duidelik of hy oor die naweek ook beurtkrag gaan toepas nie.

Twee kragopwekkers het Woensdag onklaar geraak. Eskom het in daardie stadium gewaarsku dat kragonderbrekings toegepas sal word om seker te maak dat die stelsel nie in sy geheel sal ineenstort nie. Slegs een van die kragopwekkers is intussen herstel.

Die eerste eenheid van Medupi sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2015 gesinchroniseer word, maar sal na verwagting eers in Junie begin elektrisiteit verskaf.

Kusile sal na verwagting in Junie 2016 begin elektrisiteit verskaf.

Eskom het op 5 Desember fase 3-beurtkrag toegepas, maar Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het op 8 Desember ontken Eskom beleef ʼn krisis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Brian van der Westhuizen ·

Ek verstaan dat geld benodig word om parte aan te koop en instandhoudingswerk te verrig, maar waarop word die inkomste dan spandeer?

Johan ·

Mooi man, maar die manne wat inbeheer is kry vet pakkies en belaglike bonuses ? Wat is nuut

Neels Joubert ·

Nou verstaan ek nie meer nie – 2 maande gelede kondig Eskom ‘n record wins van R7.3 Miljard aan en nou het hulle nie geld nie? Was dit slegs weer ‘n sagmaker om bonuses te kon verklaar?

Nicolene ·

My man werk self vir Eskom en as ek kyk na wat hy verdien vir die harde werk wat hy doen en dan moet ons loadshedding ondergaan, dink ek is uiters belaglik teenoor die Managers en CEO’s en so meer, die mense is wel geleerd ( of ons dink so) maar is dit nodig om hulle sulke hoe salarise te betaal en dan die mense wat hulle basse af werk kry peanuts! Eskom sit in finansieele krises omdat die staat toelaat dat die minsipale rekeninge agter raak, dan moet eskom gaan bakhand staan by die regering vir geld . Ag asseblief ons land is n blerrie grap man. Die presedent met geen kwalifikasies kan gerus n kleiner salaris/inkomste verdien en die dan kan daar meer geld aan Mnsiplaiteite toegedien word om Eskom te betaal . En dan moet die simple regeering ook ophou om verniet krag te verskaf aan die idiots wat nie betaal nie. Ons wat wel betaal lei daaronder . Dit is totaal en al belaglik

Gerhard Bezuidenhout ·

Privatiseer vir Eskom en laat privaat instansies toe om vir hul eie sak krag op te wek.Wanbestuur en te vet salarisse is die oorsaak van die gemors. BEE het ons land in die sop. Wanneer jy n sg. minderbevoorregte is maak dit nie van jou n helikopter piloot nie.

Hercules ·

Wanbestuur, uiters swak finansieele beheer om nie van projekbestuur te praat nie is grootliks verantwoordelik. Kyk maar hoe lank neem dit vir Madupi om aan lyn te kom. En die probleem gaan nie daar stop nie.
Verder moet onthou word dat Eskom voor ongeveer 1995 wel semi privaat was, n beter krediet rekord as die staat gehad het en een van die goedkoopste elektriesiteits voorsieners in die wereld was. Dit is nou vir ewig verby!! Wonder wie gaan almal hiervoor blameer word.
Tyd dat Eskom bestuur verantwoordelikheid vat, geen bonusse kan in n sukkelende organisasie toegeken word nie. Bonusse is bedoel waar daar vordering en sukses is, nie agteruitgang en mislukkings nie!!

Rinkhals ·

Die probleem daarmee is dat niemand in bankrot gemors sal belê nie

Petro ·

En ESKOM KRY AL DIE BLAAM!!! As die patetiese bestuur van munisipaliteite end kry en hulle betaal hulle Eskom skuld sal dit met Eskom ook baie beter gaan.!!!!!!!!!!!!!

Pieter ·

Mooi so ek stem saam met jou! Maar nou eet die munisipaliteite weer die geld.

rienie ·

Hoekom nie kyk na die salarisse en bonuses van Eskom hoofsweep wat uitbetaal word nie.?

tjaart de klerk ·

Daar was destyds na 1994 vir hulle gese dat nuwe kragstasies gebou moet word omdat daar daagliks nuwe huise gebou word. Hulle toe gesê die ingeligdes wil hulle bangpraat en raak toe ontslae van hulle hoogs gekwalifiseerde wit werkers. Eish, die wat nou daar is, is die wat oorgebly het

tjaart de klerk ·

Daar was destyds na 1994 vir hulle gese dat nuwe kragstasies gebou moet word omdat daar daagliks nuwe huise gebou word. Hulle toe gesê die ingeligdes wil hulle bangpraat en raak toe ontslae van hulle hoogs gekwalifiseerde wit werkers. Eish, die wat nou daar is, is die wat oorgebly het

Hannetjie ·

Lekker duur voertuie en lekker luukse lewe. Met vet bonusse . En al die mense met jare se ondervinding word nie aan gestel nie. Se ook verkoop eskom aan privaat instansies. En dan stadsrade wat eskom miljoene skuld.

rina pretorius ·

Ek werk vir eskom as baie jare en dit het nog nooit so sleg gegaan soos nou nie, ek bekommer my dat eskom dalk van ons ouer garde gaan afbetaal, we’ll ek hoop nie so nie want ek was van plan om ten minste nog n jaar of twee te werk en dan af te gaan. Ek stem we’ll saam dat affrmative action die oorsaak is van eskom se probleme, te veel vat cats.

Hendrik ·

Beurtkrag is ‘n werklikheid en ons weet almal hoekom. Eskom skakel krag af om die netwerk te beskerm want indien die netwerk omval neem dit 1-2 weke om die netwerk te herstel. Dit kan die ekonomie in duie laat stort. Onthou al die reservoirs sal leeg loop en dan is daar groot moeilikheid. Wat kan die algemene publiek doen? Word so gou moontlik onafhanklik van Eskom en kry ook sommer ekstra watertenks vir huishoudelike gebruik. Spaar krag en kyk na kragverbruik om die stelsel te laat werk. Ek weet dit is so teen die grein en ek voel ook om Eskom te straf. Ek het nie eers ‘n TV om my die waarsku om my geiser en ‘n swembadpomp, wat ek nie het nie, af te skakel nie. Maar doen dit maar want wees gewaarsku as die netwerk val het jy miskien nie meer ‘n werk/kos of water nie…

tjaart de klerk ·

Alle bestuursposisies is relatief ongeskool en net op selfverryking ingestel

Sarel Roets ·

Gelukkig bou Orania eersdaags twee sonkragstasies om in ons eie behoeftes te voorsien.

Een se dood is n ander se brood.

Jeanetta ·

Dis nou waar die gemors gaan begin. Geen meer gratis krag aan die minderbevoorregtes nie. Eish, ek wonder wanneer gaan ons hoor dit is ook APARTHEID se skuld en die fat cats sit lekker agteroor en wag vir iemand anders om die gemors uit te sorteer. Wanneer gaan die mense in Sus Afrika wakker skrik en sien dat ons besig is om alles te verloor.

adrian ·

Die no 1 skelm het dit reeds gese en die afgelope week in kayalisha dit weer gese dat apartheid net vir witmense krag verskaf het en dat die kommuniste dit geerf het

Annalie ·

Laat mense wat weet toe om te help ons is almal in die ding. Erken dis n flop

Jeanetta ·

Dis nou waar die gemors gaan begin. Geen meer gratis krag aan die minderbevoorregtes nie. Eish, ek wonder wanneer gaan ons hoor dit is ook APARTHEID se skuld en die fat cats sit lekker agteroor en wag vir iemand anders om die gemors uit te sorteer. Wanneer gaan die mense in Suid Afrika wakker skrik en sien dat ons besig is om alles te verloor.

marcel ceustermans ·

Eskom bankrot , maar Desember 2014 kry 2 van sy substasie se werkers kers ete van R 1.4 biljoen , dit is verregaande .

Anna ·

Gin wonder Madupi se kontrakteurs het nie Desember gewerk nie. Het werklik gewonder hoe al die kontrakteurs gesluit het by n kragstasie wat noodsaaklik is.

Hannelie ·

Anna
Ons wat hier werk wil ook graag kersfees met ons geliefdes deel. Dis erg genoeg dat ons reeds 24 uur / 7 dae n week deur die jaar aan die gang is. Die kersbreek vanaf middel Desember het niks te doen met Eksom se cashflow nie. Inteendeel op kritiese areas het die werk voortgegaan en n paar mense moes noodgedwonge hulle verlof kanselleer

Japie ·

Pas “Broad Based White Economic Empowerment” toe en die problem is opgelos.

Albert ·

Vanaf 1994 gaan alles agteruit. Niemand kan beplanning doen nie en nog minder met finansies werk.

Leoni Hattingh ·

En ons wat weet hoe, sit maar en toekyk hoe ons land ten grond gaan… Lè eiers, se v mekaar hoe sleg dit is, maar doen niks daar omtrent nie… Eks vandag jammer ons het ons ruggraat verloor….

Jan ·

Worldcup 2010 se skuld. Brian Dames moes sorg dat daar genoeg krag is vir die sokker wereld beker. Alle instandhoudingswerke en nuwe projekte is toe uitgestel. Nou sit ons met die gebakte pere. Maak seker dat jy so min as moontlik van die “staats”krag afhanklik is, dit gaan nie beter word nie! Solank as wat Eksdom nie mededinging het nie, sal hy net soos alle ander staat en semistaats organisasies in die afgrond in bestuur word !

Fourie ·

Ek wonder wat Mr zuma nou te sê het – is dit nog steeds apartheid se skuld!!!!!!!!! Hulle kan maar net nie aanvaar hulle jaag aan nie!!!!! Stem saam, die vet salarisse wat die lot kry en dit nie eers verdien nie!!! Belaglik hoor!!!!!

JZ ·

Dit is Apartheid se skuld,die ou regering het Eskom te goed bestuur!!!!!.die Anc het toe gedink,ag dit is maklik,! Nou dat die wielle af kom en hulle uitvind n mens kan nie net jou sak vul nie jy moet werk ook,sal verseker Aparthied die skuld moet kry.No 1 het al in die rigtig gewys.

Jors de Winnaar ·

Waar kan n mens kommentaar lewer sodat die mense verantwoordelik vir die gemors dit kan sien?

Bach Breytenbach ·

Ons doen instand housing op Lewendige krag lyne en Eskom sukkel nou Al 16 Maande om ons kontrakte in plek te kry….. Hulle is tans vas gevang in n “tail spin” hoe meer load shedding hoe minder inkomste hoe minder inkomste , hoe minder geld vir instand houding ens ens ens

pop ·

Ry saans deur die sogenaamde “besigheids parke” en kyk hoe staan hoe geboue se ligte en brand. Al die kantore is toe maar elke liewe lig daarbinne brand. En sprei ligte buite. Meeste munisipaliteite se straat ligte brand dag en nag. En dan nog die hordes plakkerskampe wat krag steel. As al die kwassies aangespreek word sal daar baie krag bespaar word.

nicky ·

Ons moet almal betaal prepaid dan gebruik, geen gebruik dan skuld dan betaal nie. Dit gevaarlik. Meerste mense wil nie skuld betaal, hoe ons geld nodig parte herstel as ons moet.

hester ·

Kom ons praat eskom! Jare werk my familie daar ek en my man ook beurtkrag het niks met geld uit te waai nie dis die IK van die bestuur die 2miljoen rand se ontbyt die belaglike karre en miljoene bonusse die eskom bussie wat vir een mens 40km ry en die ander moet “hike” dis die nuwe karre wat die “seketaresse” ry “company” kar en die gratis krag aan 2 buurlande en so kan ek aangaan en aangaan en aangaan

Albert ·

Nou praat jy!!!!!!! Hulle wil nie hul foute raak sien nie.

BBWEE ·

Broad Based White Economic Empowerment VIVA VIVA
Weg met die Broad Based Black Economic Empowerment
Dis al 25 jaar en niks beter nie,20jaar trug was krag volop en os kon uitvoer.20jaar trug het die anc al geweet daar gaan n krag tekort wees.Maar n AMG soek hy,krag virniet aan sy mense,ens ens.Welkom in TINA This Is New Africa

Asjas ·

WE THE WHITE PEOPLE moet begin DEMAND. POWER BEFORE LIBERATION of moet dit wees EDUCATION? Wat sal gebeur as ons begin in die strate sokkie (toi toi) … grappie
Meskien moet ons niks doen nie, en wanneer daar absoluut niks oor is nie sal die wit mense weer die land van die grond af opbou, net nooit weer so stupid wees om iemand soos fw de klerk vertrou nie. Sy naam is aspris alles in kleinletters = geen respek vir die landsveraaier nie!

Henk ·

Did nie net FW se skuld nie. Die man wat eintlik die land uitverkoop het was Roelf Meyer en nie FW nie. Roelf was die hoofonderhandelaar en het, sonder raadpleging van FW, alles vir Cyril Ramaphosa op n skinkbord gegee. Dit is nie verniet dat die ANC hom `n jaar of so gelede vereer het nie. Hy is ook nou `n ANC lid.

sandra bohm ·

Ja dis hul die skuld dat ons in die gemors sit,want hul nie bevoeg om daar in hul hoë posisies Te wees nie,met die inflated salarisse,en Dan nog boonop al daai werkers Kos,behuising en nog wat Meer Te gee,gratis!!!! En belowe nog warm etes daarby ook .ag nonsens man,almal moet werk,die gravy train se wiele is nou pap,val al uit mekaar,wat gaan jul,die regering nou down daaroor? So kan jul mos nie die pragtige land van ons almal deur jul fingers laat gly nie,dis damn well al naby.toe toe jul skuld ons big time.hoe dink jul,het hul gekom waar jul nou is,you are all taking advantage of south Africa ,so come on start doing what we south Africans expect and deserve from you!

CC ·

Raai hoe voel dit om vir hierdie firma te werk en jy is nie ‘n bestuurder nie? Die frustrasies wat gepaard gaan met duisende prosedures wat logistieke vertragings veroorsaak. Die ‘flexi’ tyd wat die meeste gewone werkers hulself toe-eien en nie eers ‘n derde van die dag produktief is nie……..

adrian ·

Ek verneem dat die regeringsmaatskappy by die 40,000 werkers het en die hoogste salarise (ongeveer R5000 per persoon 702 eye witness news) in sa bedryf maandeliks ontvang. Wat doen die klomp per dag dank 1/3 van die lui werkers af asook moet bestuur onmiddellik verminder word sonder pakkette en bonusse. Geen ,, performance” bonusse aan enige bestuur of werkers nie. Geen verhogings hierdie jaar nie. Verminder die plaaslike werkers by medupi met die helfte. Daai silos wat inmekaar gestort het hoever is dit al weer opgebou. Met al die werkers by eskom kon dit basies al voltooi gewees het en dan was die geweldige hoe verbruik van diesel uitgeskakel. Daar is baie dinge by eskom wat dringend reggestel moet word maar hul ploeg maar net voort. GATVOL VIR VERSKONINGS VIR OOR DIE 5 JAAR, DIE KADERS MOET WAAI FINISH EN KLAAR

Hennie van Heerden ·

Daar is een ding wat ek nie verstaan nie. Onderhoud is tog immers ‘n aaneenlopende proses en wag ‘n mens nie tot alles is die grond is en miljarde rande verder raak jy verbouereerd, omdat jou prioriteite verkeerd was nie.

Die dinamika van ʼn begroting moes al lankal aangedui het dat hulle op die afgrondpad is en moes hulle aanpassings gemaak het om by hul primêre besigheid uit te kom en dis kragvoorsiening. Wat het van werkstrots geword of het gulsigheid van bestuur eerder die dryfveer geraak?

Het die regering al ʼn ondersoek gedoen na die struktuur van Eskom en is die verhouding tussen “indians” en hoogsbesoldigde “Chiefs” onder die loep geneem.

Die verwringing van welvaartskepping sal nog ons land se ondergang wees, want dit word bo dienslewering gestel.

J Nel ·

Vele kernwoorde in jou kommentaar vorm nie deel van die beherende hand se woordeskat nie, laat staan begrip. Werkstrots…dinamika….prioriteite….welvaartskepping… Dit, en verskeie ander, vorm die hoekstene in gesonde gemeenskappe. Helaas, dit is hoekom SA is waar hy is…

RLN van New Zealand ·

Eskom se geldkas is nou leeg uitgemors en gesteel… kan net dink hoe die ekonomie nou heeltemal gaan duik… geen krag geen werk, geen geld, geen lewe en die Rand? wat gaan dit werd wees? … Ek is so bly ek is nie meer daar nie, is weg toe voor die krag onderbrekings en die rand was ook beter. Daar is van my vriende wat gese het hulle sal bly en dan die ligte afsit.. wel ek dink die dag het nou aangebreek.

D P ·

Ek wonder net waar het jy jou kruisie getrek voor jy gevlug het?

NO MORE BEE!! ·

doen weg met BEE!! NO MORE BEE.. dis van al die BEE wat die land so rot en kaal besteel word!!

Sparkie ·

Na meer as ñ leeftyd se diens in hierdie allerbelangrikste industrie, is dit kommerwekkend wat gebeur. Geen besigheid kan polities bestuur word nie. Daar is talle bewyse hier in ons eie ou landjie. Transnet, Denel, Telkom, Sanral, SAA, SAW, SAPD en so kan ons aangaan. Daar waar die regering sy kloue inslaan en beleid afdwing, gaan kwaliteit en kundigheid in die drein af.

Frans Swanepoel ·

Marcel Ceustermans, weet jy wat ‘n “substasie” is en hoeveel mense daar werk? Ek weet nie waar jy aan die snert gekom het nie, maar iemand totaal oningelig en onkundig het vir jou ‘n grooooot leuen vertel.

Bekommerd ·

Stem saam met almal. Laat Eskom wegdoen met sy skema voertuie wat hy links en regs uitdeel asook petrolkaarte en kyk net wat hulle alleen daarop kan bespaar Dit is net die heel laagste posvlakke wat nie hierdie voordele geniet nie. Wat van die Eskom bestuurders wat nie in die Eskom woonbuurte wil woon nie en liewers elke dag honderde kilometers van die stede en groort dorpe ry na kragstasies ens., waar hulle daagliks werk.

sugar v Rhyn ·

Die enigste een wat die donker dae vooruit gesien het was Siener van Rensburg, wat in God geglo, en ons gewaarsku wat gaan gebeur. Die Lewe gaan nie makliker raak nie, dis tyd dat ons na God kyk, op ons kniee gaan en bid, om one deur hierdie verdrukking deur te hulp, want net Hy kan lig gee in donker tye..Eskom Kan nie…Ripley’s believe it or not!!!

pieter du plooy ·

Natuurlik is dit apartheid se skuld. Apartheid het al die kragstasies gebou. As apartheid nie bestaan het nie dan het ons nie kragstasies gehad nie en dan ook nie n probleem met die kragstasies nie! Eish niemand verstaan nie!

Malinda ·

Jammer die kommentare wat gelewer word bereik nie die regte ore en oë nie. En waar is die party vir wie ons gekies het in die verkiesing om ons belange op die hart te dra?

Jan ·

Malinda, watter party dra die belange van die Afrikaner ? Nie een wat ek ken nie ! Stem reg, bly weg !

Johan ·

Jan dis nie reg om weg te bly van die stembus af nie, want om nie te stem nie is net so goed om vir die ANC te stem

Jan ·

Johan, Fw die Griek, het die land op ‘n onderduimse, verraderlike wyse aan die kommuniste verkoop. Stem jy in die verkiesings, ondersteun jy Fw se verkoop van die land en die “demokrasie”(as jy dit ‘n demokrasie kan noem!) Ek kan myself nie daarmee vereenselwig nie.

johan ·

As ons ontslae raak van ons belaglike arbeidswetgewing en die regering hou op om net na sy eie bas om te sien, sal eskom dalk in staat wees om ontslae te raak van mense wat liewer staak as werk en munisipaliteite wat miljarde rande agterstallig is. Hulle is te bang om krag af te skakel in sekere guebiede en daarom oorweeg daardie gebruikers nie eers lm te betaal ni!

Esther Louw ·

Osn het vandag gehoor dit is Apartheid se skuld. As die Fat Cats gaan bars is dit ook Apartheid se skuld? As die Apartheidsregering nie die kragstasies gebou het nie, sou SA nog primatief voortvoeter. Jammer die mentaliteit van die na 1994 regering kon nie voorsien dat in die nuwe stelsel en die instroming van soveel onwettiges – wat ook die Apartheids regering se stelsel benut , dat daar ‘n tekort gaan onstaan nie. Siestog en ons het dit almal voorspel, dieselfde met water en die tekort aan opgaar damme.
Net soos met die snelwee wat opgegradueer is en nou E-tol is gaan hul seker addisionele fondse begin invorder op elektrisiteit. Hulle raak mos mal as hul geld sien, spandeer meer en die belasting betaler moet hoes.
In Duitsland word koeimis gebruik vir Methaan gas aanlegte, sonkrag- hul het minder son as ons , windstasies ens… Baie privaat huishoudings verskaf aan die Netwerk krag, nee nie in SA kan dit nie so werk nie want wat gaan die FatCats dan kry uit Jan Publiek.
Gaan die Palloekas ooit wakkerskrif, nee hul kan nie, verby hul neuse dink nie. Kortsigtigheid!!

Johan ·

Eskom se groot probleem is ‘n tekort aan kundige mense; Eskom se oplossing is om meer onkundige mense aan te stel met die hoop om die probleem aan te spreek. In die verlede is die meeste van die instandhouding inhuis gedoen; deesdae word alles deur kontrakteurs gedoen omdat die hordes mense wat teen astrinomiese salaries aangehou word, nie weet wat om te doen nie want hulle het nie die ondervinding of lus om iets te doen nie.
Enige besigheids eienaar sal jou sê dat payroll van die grootste uitgawes is – indien die besigheid 2 tot 3 keer die vereiste werksmag het gaan dit nooit geld kan maak nie.
Eskom moet sy werksmag halveer om enigsins ‘n kans te hê om weer winsgewend te word.

Gert ·

R25000 per maand is genoeg betaling vir iemand om te oorleef. Om alles wat jy no dig het te bekostig. Dis reg, die mense by eskom kry hope loos te veel maandelikse pay.

marianna ·

dinge gaan nie regkom nie….daar is te veel mense en almal wil net he……hulle behoort n”grant ” te gee waneer hulle gaan vir n geboorte beperking inspuiting….nie as daar alreeds n baba is nie….Eskom is die eerste van die grotes…..volgende is dit seker die regering!!!!!!!

Gert ·

Ons moet begin terugbaklei. As ons stilbly sal boggerol gebeur. Ons moet baklei soos ons oupas. Hou op dink en net praat en neem aksie

Erik ·

Ek bly op n plaas in die Molopo bosveld. Wat dink julle? Moet mens diesel generator kry of is dit geld mors. Hierdie land maak mens bang, maar ek kannie vlug nie.

Emilio ·

Ek weet ni hoekom mense aan gaan omdat eskom nie meer geld het nie, en om te dink as die krag krisis nie vinnig ytgesorteer gaan word nie sal ons dalk vir maande of die afgelope 4 jaar nog sonder krag sit.Eskom het geld nodig om die probleem op te los en julle lewer so slegte kommentaar oor Eskom om se hulle is die mense wat ons gaan red met die krag krisis dit is nie ons nie want hulle is meer gestres en ons ons gaan aan oor krag en se nu hie isi krag in ons land nie dan is dit doodgewoon manet weer die old 1658.So don’t cry over something we can’t fixs…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.