21 in hof ná geweld in Bloemhof

Argieffoto

Die 21 persone wat in hegtenis geneem is op verskeie aanklagte wat verband hou met geweld in Boitumelong naby Bloemhof in Noordwes, het in die hof verskyn.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die beskuldigdes het Woensdag in die Bloemhof-landdroshof verskyn. Van die persone is vrygelaat op borgtog en ander bly in aanhouding.

Die persone is Maandag en Dinsdag deur die provinsiale taakspan in hegtenis geneem ná maande se intensiewe ondersoeke wat verband hou met openbare geweld wat vroeër vanjaar in Boitumelong gepleeg is. Die persone is onder andere in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, huisroof, moord, roof, opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

In een van die voorvalle op 24 Junie is ʼn 18-jarige man in die hospitaal opgeneem ná hy ernstig aangerand is in Extension 10, Boitumelong. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. ʼn Man wat van sy moord beskuldig word, bly in aanhouding tot 11 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hanlie ·

Die verwoesters sal maar net weer oor die vingers getik word. Hulle beskou dit mos as hulle reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.