21-jarige gevonnis wat met seuntjie lol

Argieffoto

Die 21-jarige Jonathan Lombard is in die Grahamstadse hooggeregshof in die Oos-Kaap gevonnis vir die verkragting van ʼn seun wat agt jaar oud was ten tyde van die voorval.

Kapt. Bradley Rawlinson, woordvoerder van die polisie, sê die agtjarige seun het op 5 Februarie 2020 omstreeks 21:20 ʼn kamer saam met sy broer en die 21-jarige beskuldigde gedeel toe die kind se ma hom hoor skree het.

“Sy het ondersoek gaan instel en toe gesien hoe die 21-jarige man, ʼn vriend van haar seun, van hul huis in Umasizakhe, Graaf-Reinet, weghardloop,” het Rawlinson gesê. “Toe sy die agtjarige vra wat gebeur het, kon hy nie behoorlik praat nie.”

ʼn Saak van verkragting is by Graaff-Reinet-polisie aanhangig gemaak en die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (FCS) het ondersoek ingestel. Die slagoffer se ma het hom na die kliniek geneem waar dit bevestig is hy is verkrag.

Lombard is op 7 Februarie 2020 opgespoor en in hegtenis geneem.

Sy saak is na die hooggeregshof oorgeplaas en hy het op 1 Februarie 2021 skuld beken.

“Hy is Dinsdag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.”

Kapt. Theo van Zyl, bevelvoerder van die FCS-eenheid, het bygevoeg sers. Zikile Mathews November het seker gemaak die beskuldigde bly in aanhouding deur die loop van die hofsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Meisie ·

Hierdie saak voel ek was soooooooo veel vinniger as Ninow se saak gehanteer.. Wonder hoekom?

Is jy seker? ·

Het jy die deel misgelees waar hy skuld beken het. Nienow het gesloer.

koos10 ·

Kan ek nie asb tronkstraf kry en in dieselfde tronk as hy opgesluit word nie?

Johnny ·

Dalk moet jy net beter verduidelik waarom jy saam met hom wil wees . . . Ek glo dis vir die regte redes.

Toetsie ·

Hoekom word hierdie boggers se gesigte nooit gewys nie??! Hul menseregte?? Hulle moet bekend gemaak word met gesig en al, sodat publiek behoorlik ingelig kan wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.